Wednesday, 24 April 2013

Vertrou op die Here en vind Innerlike kalmte

 
Leer om oor als in jou lewe te bid en Hom volledig te vertrou. Plaas jou vertroue in God en glo soos 'n kind.

Vanoggend toe ek wakker word het ek geweet iets is anders. Ek het 'n innerlike kalmte ontdek in myself en besef, toe ek God vertrou het met my probleme, het Hy die leiding geneem en my laat verstaan dat alles reg sal wees. Soms verg dit net van ons om ons siel te laat gaan waar die o  nie kan sien nie.

Lukas 23:46, Jesus het hard uitgeroep:  "Vader, in U Hande gee ek my gees oor".

Probeer kalm bly en ten spyte van jou omstandighede. Daardie kalmte moet in ons hart begin. God se wonderlike krag sal ons lewens verander.
Die verskil tussen 'n gejaagte mens en 'n geroepe mens is innerlike kalmte. Vra dat God saam met jou moet stap, dan sal dit nie nodig wees om krisisbestuur toe te pas wanneer dit voel of die aarde onder jou voete pad gee nie. Wees rustig soos Jesus in die storm. As jy nie weet wat om te doen nie, wag!. Die toekoms skyn so helder soos God se beloftes.
"Mag die Here jou gedagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus!".

God se liefde en ontferming is die dryfveer om ons te verlos. God is altyd daar vir ons. By God is daar volkom rus en kalmte. Die antwoord vir lewenstevredenheid l in stil vertroue op die Here.
"Dankie Hewelse Vader dat ek my vertroue op U kan rig en dat U my die innerlike kalmte gee deur die werke van die Heilige Gees!"
Amen!
  

4 comments:

  1. Here dankie vir herdie versekering. Ek het dit so dringend nodig. Amen

    ReplyDelete
  2. Amen Dankie Vader vir U vrede ten midde van die gejaagde lewe gee U my vrede.

    ReplyDelete
  3. Dankie onse Vader dat U n belofte gee en daarby hou sodat ons U hand kan vashou. Dankie dat ons in U liefde Kal te kan vind. Dankie vir genade en seeninge

    ReplyDelete