Spreuke 16:21,23-24 – “'n Mens wat met wysheid bedeel is, word verstandig genoem, en as hy sy woorde reg kies, kan hy ook ander leer. ‘n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde so
dat hy ander kan
leer. Aangename woorde is heuning, soet en geneeskragtig vir die mens.”
Die belangrikste aspek van kommunikasie is om te hoor wat nie gesê
word nie.
Kommunikasie is seker een van die mees gebruikte woorde in enige taal,
want wanneer iets verkeerd gaan, word daar gesê dat dit gebeur het as
gevolg van ớf te min ớf geen kommunikasie.
By kommunikasie gaan dit dus om veel meer as net tegnieke. Ons hele
menswees is by die kommunikasieproses betrokke vir die “boodskappe” wat ons
uitsein en die boodskappe wat ons waarneem en verstaan.
Wanneer iemand anders praat, luister dan met aandag, want die meeste
mense luister nie regtig nie, daarom die groot misverstande wat plaasvind. Ons
hoor wat ons wil hoor! – daagliks verbrokkel gesinne, sluit maatskappye hul
deure en lande val mekaar aan, en wanneer jy die oorsaak soek, is dit in die meeste
gevalle, dat dit nie is omdat iemand gepraat het nie, maar bloot omdat ons nie
geluister het nie.
Ons is almal so verskillend en elkeen dra ‘n boodskap op hy / sy manier
oor. – daarom moet ons seker maak dat ons luister na WAT gesê word, en nie net na
HOE dit gesê word nie.
God het ons een mond gegee om mee te gesels, en twee ore
om mee te luister. As die boodskap opskrif is, het Hy ons twee oë gegee
om te lees om daaraan gehoor te gee. God het ons wonderlike gawes gegee, maar
maak ons gebruik hiervan! en ook, doen ons dit op die regte manier.
Dink jy nie dit het tyd geword dat ons ‘n slag net stil bly en na die
werêld om ons kyk, seker maak, dat ons oop is vir kommunikasie met mekaar, sodat ons mekaar se
taal kan praat en verstaan (praat nie van tale nie, maar wanneer ons met mekaar kommunikeer, ons regtig sal luister wat die ander person wil oorbring). Dit sal soveel misverstande uitwis.
Kyk na die blindes en dowes om ons – die manier hoe hulle boodskappe
uitstuur en ook hoe hulle probeer om te kommunikeer met ander. Hoe dankbaar
moet ons, die wat kan
sien, hoor en praat, nie moet wees nie.
My gebed: “Here, gee my die leiding om met ander op die regte manier te
kommunikeer en dat ek sal luister en hoor wat aan my oorgedra word, sodat
daar geen misverstande sal wees nie.”
Amen!