Om
in ‘n koor te kan
sing is een van daardie dinge in die lewe wat oneindig vreugde verskaf.
Daar is ‘n soort terapie daarin wat ‘n mens heelmaak – wat jou laat vergeet van
jou sorge en wat jou na ‘n hoër vlak van bestaan neem. Wanneer die liedere wat
jy sing dan ook geestelike liedere is – Psalms en Gesange, of liedere uit die
ryke skat van die Christelike musiek, het koorsang ‘n dubbele doel. Nie net is
dit terapeuties nie, maar bring dit jou baie nader aan jou Skepper. Jy sing van jou Skepper, jy sing vir
jou Skepper, en jy kom nader aan jou Skepper.
Die
afgelope tyd het daar ‘n paar films verskyn wat hierdie betowering van koorsang
vir ons uitbeeld, soos “As it is in Heaven en A song for Marion”. Maar die
persoon wat die wonder van koorsang die mooiste kon beskryf, is die Franse
skryfster, Muriel Barbery, in die hoofstuk “A Choir is a beautiful thing” in
haar boek – The Elegance of the Hedgehog (Gallic 2008 – p.180-181) "
Ek
vertaal vrylik:-
In
ons pragtige woonbuurt is daar ‘n skool, en die skool het ‘n koor. Gister-middag
was dit die skoolkoor se uitvoering.
Niemand
dink dat dit vreemd is om in hierdie koor te sing nie, intendeel, almal wil
graag deelneem, maar Monsieur Trianon, die musiekonderwyser, kies sy koorlede
met die hand. Monsieur Trianon is jonk en musikaal en hy laat die koor nie
slegs die tradisionele liedere sing nie, maar ook diè van moderne komponiste.
Verder word die koor begelei deur uiters stylvolle orkestrasie.
Die
middag van die die uitvoering is die skoolsaal stampvol en daar heers ‘n
atmosfeer van gedempte opwinding.
Uiteindelik
verskyn die koor geklee in rooi en wit, met strikdassies vir die seuns en lang
rokke met skouerbandjies vir die meisies. Orrweldigende applous volg.
Monsieur
Trianon maak sy verskyning, gaan sit op ‘n hoë stoeltjie, sy rug na die gehoor,
in sy hand ‘n dirigentstokkie met ‘n flitsende rooi liggie aan die punt. Stilte
daal op die gehoor neer en die uitvoering begin.
Elke
keer is dit van vooraf ‘n wonderwerk. Hier is al die mense met hulle hartseer,
drome, wense, hoop en verwagtinge. Die skooljaar is gevul met programme en
aksies en onbenuttighede.. Hier is al die onderwysers en al die kinders – almal
besig om deur die ‘ lewe’ te stoei’ – die lewe vol hoop en trane en lag en
verlore drome en onvervulde wense… Al hierdie dinge verdwyn in ‘n oogwink
wanneer die koor begin sing.
Die
alledaagse lewe verdwyn en word opgeneem in die wonder van die musiek. ‘n Mens
word oorweldig deur ‘n gees van broederskap, ‘n diepte eenheid. Dit verander
die wreedheid van die alledaagse lewe in ‘n gees van perfekte harmonie. Selfs
die koorlede se gesigte word getransformeer. Ek sien nie meer vir Achille
Grand-Fernet of Deborah Lemeur of Segolene Rachet of Charles Saint-Sauveur nie.
Hulle verander in mense wat oorgegee is aan musiek.
Dit
is elke keer dieselfde ding: Die huil wel binne in my op. My keel trek toe en
ek probeer my uiterste om myself te beheer. Partymaal kan ek amper nie. Ek wil uitbars in snikke.
Dus, wanneer hulle die kanon sing, kyk ek af an die grond: Dit is net te veel
emosie op een slag – dit is soveel skoonheid tegelyk op een keer. Dit is
wonderskoon – hierdie samesang en die gedeelde moment.
Ek
is nie meer ek nie. Ek word ‘n deeltjie van ‘n verhewe eenheid waarvan die ander
ook deel is. En ek wonder altyd in hierdie oomblikke waarom dit nie die
realiteit van die daaglikse lewe kan
wees nie – waarom dit slegs ‘n uitsonderlike oomblik moet wees wanneer die koor
sing.
Wanneer
die koor ophou, breek daar ‘n oorverdowende applous uit. Almal se gesigte is
opgelig, die koor stralend. Dit is so pragtig.
Aan
die einde wonder ek of die ware wenteling van die aarde nie dalk net ‘n mensestem, verhef, in sang is nie…
"Dankie Marita –
ek is ook meegevoer met die pragtige klanke van musiek"..
Dankie dat jy die artikel ons my deel . !