Judas 24-25; Lof aan God : Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid!
Met die jaar wat verby is, het ons almal trane van hartseertye, en trane van blydskap gehad, verlies van vriende en familie, maar wees verseker, God hou jou vas. Loof Hom dat Hy jou gedra het deur die jaar, en wees verseker dat Hy daar sal wees vir die nuwe jaar wat voorlê.
Al die struikelblokke, seerkry en uitdagings sal nog daar wees vorentoe - maar God verseker ons, dat Hy ons sal beskerm, ons sal dra dag na dag vir die jaar wat voorlê. Sy liefde ken geen perke nie.
Nie een van ons weet presies wat
die nuwe jaar vir ons inhou nie, maar ons weet wel dat as ons aan ons
geloof vashou, Hy die pad vorentoe, jou sal lei.
Ervaar 'n nuwe diepte in jou verhouding met God en beleef Sy onbeperkte goedheid.
God nooi elkeen van ons om gereed te maak vir dit wat Hy van plan is om in ons lewe te doen.
Praat
gedurig met Hom, aanbid Hom en Loof Hom en dank Hom vir al die werke wat Hy vir
jou doen.
Psalm 63:8 - U is 'n hulp vir my, in die skadu van U vleuels sal ek jubel.
My gebed: "Here,
dankie dat U my Herder is. Ek loof U en dank U my gedra het deur
swaarkrytye, en tye van blydskap, deur die jaar. Wees asseblief ook met my in die nuwe
jaar wat voorlê. Help
my om vas te hou aan my geloof in U"
Amen!
No comments:
Post a Comment