Wednesday 25 July 2012

Gebarste Bakke

Dit is altyd 'n uitdaging om water op te gaar, al is dit in bakke of damme.
Bakke wat gebars is sal geen water inhou nie, so ook ons siel, as ons nie van die fontein met lewende water drink nie.

In Jeremia 2:13 staan geskryf; "My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap wat gebars is en nie water hou nie."

Ons gebroke bakke wat ons gebruik is die plesier wat ons soek, tydverdrywe. Ons soek na dinge wat niks beteken nie, en kan nie meer onderskei tussen die goedheid en die slegheid nie, daarom sien ons nie die leegheid en doelloosheid van alles raak nie. Moenie jou skoene stukkend loop agter afgode nie, jou keel laat droog word van die dors nie.

Vader, daar is tye dat ek wankel in my geloof en dan soos 'n gebarste bak word. Help my die voorskrifte van U wet toe te pas sodat ek van die fontein van U water kan drink.

Here, help my om te onderskei tussen bakke wat gebars is en die fontein van die lewende water. Gee my geeslike verkwiking en help my op die pad van geregtigheid en vul my hart met hoop sodat ek nie dors word nie en U woord sal in neem.

Draai in jou angs na Christus toe. Hy is reeds by jou, Sy liefde en bystand bring altyd in elke situasie weer nuwe hoop. Ek weet nie wat more inhou nie, maar ek weet Wie more in sy hande hou.

God het 'n droom en 'n plan vir jou en my.
Amen

No comments:

Post a Comment