Wednesday 17 April 2013

Vind Beskerming onder God se Vleuels

Psalm 63:8 - U is 'n hulp vir my, in die skadu van U vleuels sal ek jubel.
 
Onthou God is by ons. Hy neem ons in sy arms of sit in stilte by ons, totdat ons nie langer kan ontken dat God ook hierin by ons is nie. Sy teenwoordigheid maak dit moontlik vir ons om berusting te vind en volkome te weet dat Hy ons beskerm. God se liefde ken geen perke nie.


Daar is 'n plek waar 'n mens niks besit sit nie, maar waar niks jou ooit ontbreek nie, omdat God daar teenwoordig is en die beste en hoogste doelwit in hierdie lewe is om stil te wees en om God toe te laat om deur jou te werk en te praat. Hy sal jou beskerm teen alle aanvalle.
 
Ons moet die Here waarlik ken en in die lig van Sy aangesig wandel.  Wanneer ons voel dat ons bedreig word, moet ons die Here in gebed aanroep en  ook elke dag vir ons veiligheid en beskerming vertrou - nie net op 'n geestelike vlak van die duiwel se versoekings nie, maar ook op 'n fisiese vlak van bose mense.
 
As ons egter ons toevlug by die Here neem, sal Hy ons beskut en bewaak onder Sy vleuels .
 
God is lief vir jou en my. Hy is die bewaarder van almal wat in Hom glo. God sal jou bewaar en beskerm omdat Hy jou naam ken en Hy sal jou aanroep in nood en sal altyd by jou wees.
 
Psalm 1:1-3 - Gelukkig is die mens wat vreugde vind in die gebooie van die Here. Hy is soos 'n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat Hy doen, is Hy voorspoedig.
 
My gebed: "Here, dankie dat U die Bewaarder en Beskermer is van almal wat toevlug by U neem.  Dankie dat ons veilig is by U want ons is diep van U afhanklik. Dankie dat U ons onder U vleuels neem wanneer ons berskerming soek, in Jesus naam alleen."
Amen
 
 

No comments:

Post a Comment