Monday 8 June 2015

Voetspore

Voetspore

 


Psalm 63:8 - "U is vir my 'n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels".

Here, ek is besig om 'n pad te loop nader aan U en weet dat U my dag na dag sal dra.

Soms oor lang dae en lang nagte wonder ek waarheen my lewe my sal lei, dae vol kommer, maar as ek aan U dink en oor U peins in die nag, dan weet ek U is vir my 'n hulpbron. 

U belofte dat U vir my die regte pad sal aanwys maak dit soveel makliker. By U vind ek beskerming en U dra my.

En die Here antwoord - "My liewe kind, ek het jou nooit verlaat nie! Die tye toe jy slegs een ry voetspore gesien het, was dit die tye toe ek jou gedra het".

Het jy al gewonder as jy op die strand loop en al die voetspore in die sand sien, wie se spore dit is ! - Was hulle alleen en diep in gedagte - eensaam, hartseer of was dit paartjies wat hand in hand geloop het,  baie verlief en gelukkig. Ons almal laat onvermydelik fisiese voetspore in die werêld om hooplik 'n verskil te maak.

So loop Jesus die pad vir ons ook vooruit. Hy dra ons in tye van nood. Hy hou ons voetspore dop en ontferming Hom oor ons. Ons moet Hom net volg. 

Petrus 1 - 2:21 staan geskryf;  "Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg".

My gebed: - "Hemelse Vader, dankie, dat U dit vir my moontlik maak om die voetspore van gister te kan vergeet en 'n nuwe pad vorêntoe met U aan my sy te loop.  Here, ek bid dat U weer vir my openbaar hoe belangrik U Woord in my lewe is."

Amen!

 

No comments:

Post a Comment