Tuesday 4 August 2015

Wanneer jy seer het, wees stil voor die Heer.

Sagaria 2:13 - Wees stil voor die Here, al wat leef. Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn.

Wanneer jy voel dat alles te veel word en jy kan jou seer nie meer alleen dra nie, raak stil voor die Heer. Hy sal jou toevou in Sy genade en jy sal besef dat jy nie sonder Hom kan wees nie.

Hierdie pragtige woorde is een van die gesange - Lied 519

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek spreek, en die wind en golwe bedaar, 
Ek sal ook jou getrou bewaar.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.
Ek is by jou, Ek gee jou krag.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Kom bring na My jou kommer en vrees.
Ek sal vir jou 'n toevlug wees.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Bly waak en bid; volhard in geloof.
Ek is by jou soos ek beloof.

My Heer, rustig sit ek by U Voete, want ek weet U sal my genade gee en my seer weer heel maak.
Dankie vir die belofte dat u my pyn en vrees ken.
U luister na my stem elke dag Heer.

My gebed: Dankie Hemelse Vader dat ek elke dag vir U tyd kan inruim en stil voor U kan word. Dankie dat ek my probleme, my seer, my wese met U kan bespreek, en weet dat U my dra elke dag.
Amen!


13 comments: