Tuesday 28 August 2012

Volhard in Hoop en God sal jou krag gee.

Here my God wanneer daar geen lig aan die einde van die tonnel is nie, help my om my hoop op U te plaas.

Wanneer ons erken dat in ons persoonlike lewe ons afhanklik is van onse Vader wat in die Hemel woon, die lewe in 'n omsien verander en God gee ons die Hoop en krag om voort te gaan.  Hoop is 'n passie wat moontlik is. Ons moet ons net daarop toe le.
Hoop is soos musiek klanke wat vreugde in jou lewe bring.
Laat die musiek note jou die leiding gee en sing to eer van Hom.

 Wanneer jy God aanbid en waarlik in Hom glo kan jy jubel van vreugde. Hy sal jou vashou en beskerm.  God gee jou die vertroosting en krag om nuwe hoop te he wanneer ons droewig is en probeer om 'n dapper front voor te hou.
Moenie in die skaduwees van die lewe, loop nie. Laat hoop in jou hart brand en glo dat alles reg sal kom. Onthou dat ons krag van Bo af kom. Gebruik jou krag om God te verheerlik en loof Sy naam en dan sal hoop in ons lewens nie verflou nie.

As 'n Christen het ons oneindig baie om ons oor te verheug. Gee jou lewe oor aan jou Verlosser en vrede sal met jou wees. Hierdie vreugde behoort aan jou omdat Christus jou baie lief het. Sy liefde sal jou jou angs verdryf en in elke situasie staande hou. Jy moet 'n intieme verhouding met God he.
Ware gebed sal jou al die antwoorde gee wat jy soek, as jy net geduldig op Hom sal wag totdat Hy op Sy tyd jou die regte antwoorde sal gee. Bou jou krag en hoop op God en luister na jou hart as die Heilige Gees met jou praat. Maak jou hart oop en ontvang Hom met liefde.
 
Jou liefde vir Christus sal in jou gesprekke gehoor word en in jou lewe sigbaar wees.
Hou aan om te hoop op God en vra vir sy krag om jou te dra.
 
Here Jesus help my om altyd my versier op U te rig sodat ek my krag en hoop van U sal ontvang.


1 comment: