Showing posts with label hand. Show all posts
Showing posts with label hand. Show all posts

Tuesday, 7 October 2014

God verbreed jou horisonne !


Jesaja 62: 10-11 - "Gaan uit, gaan uit by die poorte, maak die pad gereed vir die volk! Vul die grootpad op, vul dit op! Vat weg die klippe! Steek die banier op dat die volke dit kan sien"!...

Die gesegde wat sê; "Jy is nooit te oud om te leer nie" is baie waar!

Meeste van ons loop maar met oogklappe aan. Ons verkeer so in ons eie werêldtjie. - daarom laat God ons met nuwe insig na die werêld kyk om sodoende ons horisonne te verbreed! Verkeerdelike insig oor wat aangaan in die werêld laat ons ons oë toemaak, - Onthou, God tref nie onderskeid tussen mense nie. Hy is lief vir almal wat na Hom hunker.
 
Gooi jou bagasie af en haal jou oogklappe af.
 
 Ons moet nuut en vars dink en nooit ophou groei nie, veral in ons geestelike groei; - droom drome -  kyk met opgewondenheid na die wonderlike landskappe om jou en begin met jou geestelike groei.
 
Onthou, alles gaan oor Christus - niemand se groeiproses is klaar nie, maak nie saak hoe oud, jonk en wie jy is nie. As jou hart aan die Here behoort sal jy almal met dieselfde respek en liefde behandel.
 
God werk met ons harte - Hy gebruik ander mense om ons na die hoogtes te neem, sodat jy jou reis van selfontdekking te kan ervaar.
 
Verbreed jou horisonne en gaan uit na die werêld en moet nie blind staar, na wat om jou omgaan nie.
As jy 'n hand uitreik na iemand, sal jy verbaas wees hoe hy / sy daarop sal reageer en met graagte jou helpende hand aanvaar!
 
Hou vas aan jou geloof. -
Ons kan soveel skatte ontdek as kinders van God as ons ons oogklappe afhaal en nie neersien op mense wat anders as jy is nie. 
God IS ALTYD beskikbaar as jy Hom nodig het.
My gebed: "U is ons Vader, Here, ons is klei, en U het ons almal gevorm., ons is almal die werk van U hande.  Verbreed asseblief ons, ons horisonne, Heer, sodat ons verder kan sien as gister".
Amen!

Saturday, 22 February 2014

Hoe belangrik is ware vriendskap



    
Spreuke 27:17 – Yster slyp yster; vriende vorm mekaar. 

Ons het almal vriende; maar jy kry werklike vriende en mooiweersvriende. Onder watter groep tel ek en jy. 

Daar is niks soos ware vriendskap wat jou hand neem en saam met jou huil as jy hartseer is - luister as jy net ‘n oor nodig het wanneer jy net wil stoom afblaas. Dikwels, saam met jou die kronkelende pad van jou lewe loop. Vriendskap, is iets wat gegee word, sonder dat dit gemeet word en iemand anders se behoeftes bo jouself te stel. Julle staan saam deur dik en dun.wat nie net jou foute raaksien nie, maar die dieper mens binne jou; en jou hart beter ken as jyself. 

In ons samelewing vandag, wat met rykdom, sukses, roem en geld, hand aan hand loop, is dit baie keer moeilik om te weet of jy werklik ware vriende het, of is dit mooiweersvriende!.. Party sien net jou prestasies en besittings raak en nie meer vir jou as persoon nie. Sodra jy in die moeilikheid raak verdwyn baie van hulle. 

Maar daar is iemand wat jou ken net soos jy is.- Jesus het jou lief omdat jy jy is en nie iemand wat in die oë van die werêld suksesvol, mooi of ryk is nie. 

Dwarsdeer die Bybel lees ons van ware vriendskappe en die waarde wat hulle in mekaar se lewens gehad het - Kyk na Dawid en Jonathan, Daniël en sy drie vriende wat by hom gestaan het. Job 2:11-12; lees ons van drie van Job se vriende wat afgespreek het om hom te betuig en te vertroos.   Hulle het hardop gehuil toe hulle hom sien, hulle klere geskeur en stof in die lug op en oor hulle koppe gegooi van droefheid. Jesus was ook bewoë oor Lasarus se dood en wou weet waar hy begrawe is.

Om vriende te kies is ‘n keuse – ‘n mens kan kies met wie jy vriende wil wees, en as jy nie tuis voel in ‘n vriendekring wat jou net altyd afbreek en selfsugtig is, maak dat jy wegkom. Dis mooiweersvriende. 

Vriende vorm mekaar, is altyd eerlik met mekaar, al verskil julle ook soms. Hulle weet wanneer om hul woorde te tel sonder om seer te maak en vriende respekteer mekaar. Hulle ken jou wonde; jou foute en weet ook hoe om ‘n geheim te bewaar.

In Johannes 15:13-15  staan – Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek, noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 

Die waarde van vriendskap moet nie onderskat word nie want dis goud werd;  dis nie te koop nie - is onselfsugtig.

My gebed: Dankie, Here, vir ware vriendskappe wat ek het. Help my om ‘n vriendin duisend te wees en ware vriende te waardeer.

Amen!

 

Wednesday, 25 April 2012

Beproef en Gelouter

Meeste van ons is alreeds op een op ander manier in ons lewe beproef. Jy ondervind dalk geestelike en / of persoonlike beproewing. Jy was dalk baie siek, in 'n ongeluk, beserings opgedoen, finansieel terugslag, of persoonlike gesinsprobleme, asook die tragedie om geliefdes, veral die verlies van 'n kind te ondervind wat jou teen die grond plat gegooi het. Dit kan jou breek en jou geloof laat wapper.


Here Jesus, help my deur u goeie Gees om beproewings met moed en liefde vir U te hanteer.

Beproewing van enige aard is 'n geloofstoets. Dis wanneer jy jou hand na God moet uitreik. God sien jou beproewinge raak en sal jou genadig wees. Die pyn daarvan sal jou nie ontkom nie,  maar jy sal alleenlik gelouter word deur jou geloof in God sterker te maak. Met die lyding wat jy beleef, onthou dan dat Jesus aan die kruis vir ons gesterf het en Sy geloof in onse Vader,  het hom laat opstyg na God. Hy sal ook sy heerlikheid met jou deel.

Poem "The Weaver"
My life is but a weaving Between my Lord and me
I cannot choose the colours, He worketh steadily
Oftimes He weaveth sorrow and I in foolish pride
Forget He sees the upper and I the underside
Not 'til the loom is silent and the shuttles cease to fly
shall God unroll the canvas and explain the reason why
The dark threads are as needful in the Weaver's skillful hand
As the treads of gold and silver
In the pattern he has planned.