Friday 14 June 2013

Is jy reg vir jou afspraak met God. ?

                    Afspraak met God:-
                          
 
 
   Maak ons tyd om ons lewens in order te kry vir die dag dat ons, ons Kreator gaan ontmoet?  Daar is sewe dae in 'n week en ons maak afsprake vir ons besige skedules; -  sit ons een dag, of tyd ,eenkant op ons kalender, om 'n meningvolle afspraak met God te maak!.

Levitikus 23: Ses dae moet julle werk, maar die sewende dag is 'n rusdag, 'n sabbat waarop julle 'n gewyde byeenkoms, moet hou. Julle moet die sabbat aan die Here wy, waar julle ook al woon.
 
Ons tyd is so gejaag dat 'n week nie meer genoeg is om ons werk klaar te maak nie. Ek het gevind dat hoe meer tyd ek aan God gee, hoe meer tyd het ek. Gesels met jou Vader deur die dag, Hy sal sorg dat jy wel tyd gegun word om jou take wat aan jou opgedra is, klaar maak.
Ons moet ons hart regmaak, mense in die oe kyk, al verskil hulle van jou. Die Here verwag van ons om al die tyd wat Hy ons gun, op die regte manier gebruik sal maak.
 
As jy om jou kyk kan jy al die tekens alreeds sien dat ons in die eindtyd leef, maar ons hou ons blind daarvoor. Moet nie met toe oë
  rondloop nie. Praat met God, jou almagtige Vader.
 
Efesiers 5:16 - Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd,
 
Vandat ons in hierdie werêld inkom, het God alreeds ons dag bepaal vir die ontmoeting met Hom. Daarom is dit so baie belangrik dat ons ons lewe moet inrig volgens God se woord.

Ons gaan ook nie vir altyd in vlees bly lewe nie, daarom moet ons die tyd wat vir ons gegun word reg gebruik.

Ons lewe so dat ons die tyd wat ons het, 'n vyand maak, in plaas van van 'n vriend.

In Kolosese 4 vers 5 lees ons "Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste van elke geleentheid".

God het 'n baie spesiale dag weg gesit vir ons, -  daarom het hy die sewende dag van rus vir ons gegee om kontak met Hom te bou.

My gebed: Onse Vader in die Hemel, help my om so te leef dat ek altyd tyd vir U kan weg sit en nooit sal ophou om gereeld kontak met U te hou nie, sodat ek die lewe lei wat U van my verwag en dat ek reg sal wees met my ontmoeting met U.
Amen!


 

No comments:

Post a Comment