Monday 1 July 2013

Lewende Hoop wat net God alleen jou kan gee


    1 Petrus 1:3 - Die lewende hoop en die egte geloof

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk, deur die opstanding van Jesus Christus, uit die dood. Nou het ons 'n lewende Hoop.

Almal van ons het hoop nodig. Iets om vas aan te hou. Sonder hoop sterf die mens. Maar rig ons, ons hoop op God?. Baie keer sê ons net wanneer dinge nie goed gaan nie; - "Öns hoop maar vir die beste". hoop dat dinge beter sal gaan - dit is wanneer ons 'n ander soort hoop nodig het; 'n hoop wat net God alleen vir ons kan gee. Ons word nuut wanneer God aan ons die geloof gee saam met sy Heilige Gees. Hou vas daaraan. Wanneer jy hoop deur die Gees van God kry, verander jou natuur en jy lewe nuut.

Deur jou hoop op God te plaas, teen alle omstandighede, kan jy alleen nuut word as God jou 'n lewende hoop gegee het. Dit vervul jou met nuwe blydskap as jy jou probleme en hoop op God gerig het. Jou toekoms sal verander en jy sal vind dat alles weer die moeite werd is.

Moenie bang wees nie, gryp die geleentheid aan en gesels met jou Vader in die Hemel want Hy sal Hom oor jou ontferm en elke dag saam met jou stap.

"Hemelse Vader, dankie dat ek my Hoop net op U kan plaas en weet dat U die Lewende Hoop aan my sal gee deur U Gees en dat ek weer nuut gebore sal wees".


No comments:

Post a Comment