Wednesday 18 September 2013

"Jy is myne"; sê die Here.

                     
   Jesaja 43:1 - Luister, so sê die Here wat jou geskep het,  Jakob, wat jou gevorm het, Israel; Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep,  jy is Myne.
 
 
                                                          
Ons is almal kosbaar vir die Here. Al gaan jy deur 'n smeltkroes en krisisse, hou vas aan jou geloof en vertrou op die Here en glo aan Sy Woord.  
 
As ons dit doen en werklik in God se trou glo, dan kan ons opstaan en die treë
neem wat God vra. Ons word geroep om God op Sy woord te neem.
Jesaja 43: 10 - "Israel, julle is my getuies, sê  die Here, en ook my dienaar wat Ek uitverkies het sodat julle My kan ken en in My kan glo en kan besef dat Ek die Here is; Voor My was daar geen God nie, en na My sal daar ook nie een wees nie. Ek, Ek is die Here, buiten My is daar geen redder nie".
 
Jesus het aan die kruis gesterf vir ons, daarom behoort ons aan God. Ons is geskep na Sy beeld.

Onthou altyd: Die Here het gesê; " Jy is Myne"!

 
Gee jou hart aan God en wees sy bruid. Wees nedering en help ander, want God gee aan die nederiges sy genade.
Daarom moet ons, ons lewe aan God toevertrou,
 
"Onse Here, dankie dat ek U bruid kan wees en dat U my opge-ein het as U kind, met die woorde; "Jy behoort aan My en is Myne"!
Amen!

Sunday 8 September 2013

Prys die Here - Alle eer en lof kom U toe

Psalm 145; 1 - 21
        

Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof.
Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys.
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe. Sy grootheid is ondeurgrondelik,
 
Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, van die luister, die heerlikheid van U majesteit. Ek wil getuig van U magtige dade, sodat die mense oor U wonderdade sal praat.
Ek wil van U grootheid vertel. Sonder ophou moet hulle U groot goedheid verkondig en oor U reddingsdade jubel.
 
Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het.
 
Almal wat deur U geskep is, loof U, die Here, en u troue dienaars prys U! Hulle vertel van U koninklike mag en getuig van U groot krag. Die mense moet weet van Sy krag van Sy koninklike mag, en majesteit, U koningskap is 'n koningskap vir alle tye, U heerskappy strek oor die geslagte heen.
 
Die Here help almal op wat geval het. Hy ondersteun die wat bedruk is.
Die oë van almal is op U gerig en U gee hulle kos op hulle tyd. U maak u hand oop en skenk u guns in oorvloed oor al wat leef.
 
Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan die wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra. Hy hoor as hulle om hulp roep en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy.
 
Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, sy Heilige Naam vir altyd prys. 
 
Amen!
My Here my God, aan U kom alle eer en lof toe.