Showing posts with label lof. Show all posts
Showing posts with label lof. Show all posts

Sunday, 29 December 2013

Hou vas aan jou Geloof in God vir Nuwe Jaar

Judas 24-25;  Lof aan God : Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid!
 
Met die jaar wat verby is, het ons almal trane van hartseertye, en trane van blydskap gehad, verlies van vriende en familie, maar wees verseker, God hou jou vas. Loof Hom dat Hy jou gedra het deur die jaar, en wees verseker dat Hy daar sal wees vir die nuwe jaar wat voorlê.
 
Al die struikelblokke, seerkry en uitdagings sal nog daar wees vorentoe - maar God verseker ons, dat Hy ons sal beskerm, ons sal dra dag na dag vir die jaar wat voorlê. Sy liefde ken geen perke nie.

Nie een van ons weet presies wat die nuwe jaar vir ons inhou nie, maar ons weet wel dat as ons aan ons geloof vashou, Hy die pad vorentoe, jou sal lei.
 
Ervaar 'n nuwe diepte in jou verhouding met God en beleef Sy onbeperkte goedheid.
God nooi elkeen van ons om gereed te maak vir dit wat Hy van plan is om in ons lewe te doen.

Praat gedurig met Hom, aanbid Hom en Loof Hom en dank Hom vir al die werke wat Hy vir jou doen.

   Psalm 63:8 - U is 'n hulp vir my, in die skadu van U vleuels sal ek jubel.

 My gebed: "Here, dankie dat U my Herder is. Ek loof U en dank U my gedra het deur swaarkrytye, en tye van blydskap, deur die jaar. Wees asseblief ook met my in die nuwe jaar wat voorlê. Help my om vas te hou aan my geloof in U"
Amen!
 

 


 

Sunday, 8 September 2013

Prys die Here - Alle eer en lof kom U toe

Psalm 145; 1 - 21
        

Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof.
Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys.
Die Here is groot, alle lof kom Hom toe. Sy grootheid is ondeurgrondelik,
 
Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, van die luister, die heerlikheid van U majesteit. Ek wil getuig van U magtige dade, sodat die mense oor U wonderdade sal praat.
Ek wil van U grootheid vertel. Sonder ophou moet hulle U groot goedheid verkondig en oor U reddingsdade jubel.
 
Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het.
 
Almal wat deur U geskep is, loof U, die Here, en u troue dienaars prys U! Hulle vertel van U koninklike mag en getuig van U groot krag. Die mense moet weet van Sy krag van Sy koninklike mag, en majesteit, U koningskap is 'n koningskap vir alle tye, U heerskappy strek oor die geslagte heen.
 
Die Here help almal op wat geval het. Hy ondersteun die wat bedruk is.
Die oë van almal is op U gerig en U gee hulle kos op hulle tyd. U maak u hand oop en skenk u guns in oorvloed oor al wat leef.
 
Die Here is regverdig in al sy handelinge, getrou in alles wat Hy doen. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Aan die wat Hom dien, gee Hy wat hulle vra. Hy hoor as hulle om hulp roep en Hy red hulle. Die Here beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddeloses verdelg Hy.
 
Ek sal die lof van die Here verkondig. Laat al wat leef, sy Heilige Naam vir altyd prys. 
 
Amen!
My Here my God, aan U kom alle eer en lof toe.

Saturday, 8 October 2011

Werke van die Here is Groot

Vandag is my hart vol lof en ek wil dit opdra en die Here loof

Psalm 111
Met my hele hart wil ek die Here loof, in die samekoms van die opregtes
in die gemeente, Die Werke van die Here is groot, almal wat daarin vreugde vind,
dink daaroor na.
Sy dade is vol majesteit en luister, sy trou staan vir atyd vas.
Hy sorg dat Sy magtige dade nie vergeet word nie.
Genadig en barmhartig is die Here. Hy voed die wat Hom dien.
Hy hou sy verbond altyd in stand.
Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar.
Sy Naam is Heilig, dit wek ontsag.
met die dien van die Here;  almal wat dit doen, het ware insig.
Die roem van die Here hou altyd stand.
Amen!