Monday 7 October 2013

Hoe sterk glo jy in die onsienbare God.

 
 
               2 Korintiërs 4:18 - Ons oog is nie op die sigbare gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare, ewig.
 
Ons vra baie keer vir wondertekens omdat ons nie glo nie, daarom red God diwat glo. God se Woord is lewend en kragtig.

In Johannes 1,1:4 staan daar. " In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was God self. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom. Ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense".

God gee vir ons krag wanneer Hy die Heilige Gees oor ons laat kom. Daar is baie mense wat ongelowig is en nie glo in die hiernamaals nie, want dis onsigbaar.  Baie kan nie verstaan dat ons as Christene die pad saam met God loop en Hom blindenins volg nie.
 
Al wat God vra, is vir ons om te glo in Hom,  want Hy vat jou na die wenstreep toe. Tog glo ons as ons op ons knieë gaan en 'n gebed tot God rig. Vra God deur die Heilige Gees, om jou geesteoë oop te maak.

Het God al jou bede verhoor? Ons almal het al een of ander iets gevoel...Waar het dit vandaan gekom? God sê wie in My glo, het die ewige lewe.

Hebreërs 11:1 - Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop,om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Ja, ek kan onomwonde sê : EK GLO.
 Hemelse Vader, in 'n wereld van ongeloof en twyfel, bely ek vandag my geloof in U. Ek kan U nie wetenskaplik bewys nie, maar ek kan U beleef. U leef in my hart!
Amen!
                                         

No comments:

Post a Comment