Wednesday 10 August 2011

Ek het 'n droom gehad


EK HET ‘N DROOM GEHAD (I HAD A DREAM) – 05.08.2011 – 4PM
Ek staan in donker kamer en dit was ook donker buite, maar kon die teenwoordigheid van mense / familie om my voel.  Ek het ook die gevoel gekry dat my oorlede pa teenwoordig is. Die weer was swaar en ek kon die donderweer hoor. Ek kyk deur die venster en sien swart donker wolke wat rol en maal in die lug, die weer oorverdonderend.
Ek draai skielik om en sien nog ‘n venster en kyk uit en sien verskillende soorte diere hardloop verby die venster, gejaagd en verwilderd en agter hule hardloop klompe mense en ek wonder hoekom hardloop die diere en mense weg en wat maak hulle in die straat.
Draai weer terug na die ander venster en sien voels wat uit die donker wolke uitvlieg, maar dan  verander hulle in die vorm van silhoete van engele.  Baie verwondered en opgewonde se ek vir die mense om my, “kyk die engele wat val uit die hemel en wolke”, maar niemand luister na my nie. Ek bly skree kyk die engele en hoor dan die stem wat klink soos my oorlede pa wat se “ja my kind dit is engele wat neerdaal”.
Verwonderd loop ek buite toe en sien dat die lug in drie verdeeld is, aan die linkerkant is dit die swart wolke wat maal, aan die regte kant is die lug tussen lig en donker, soos duisternis en in die middle die spierwit lig wat skyn in die hemel op wat heeltemal oopgemaak het., maar nogsteeds kan ek die vreeslike donderweer hoor. In die vertes en op die horizon, sien ek die berge wat brand soos ‘n veldbrande. Intussen is die engele nog besig om rond te vlieg en dit voel of ek op heilige grond staan. Die heerlikheid wat ek voel is onbeskryflik. Dan sien ek nog vier ander mense staan, maar is ook bewus van ander mense rondom ons, maar kan hulle nie sien nie. Daar is ‘n Joodse man, ‘n Muslin man en voor my staan ‘n jong man en jong meisie en ons vyf kyk verwonderd op na die hemel en se tegelyk “Kyk dit is die einde van die wereld” Ek voel glad nie bang nie, net bly. Die jong man sit sy arm om die jong meise se skouers en lag senuweeagtig en se “kyk net hoe wonderlik is dit” en die mees wonderlike gevoel (ek kan nie beskryf nie) kom oor my.
Meteens verskyn daar ‘n gesig van ‘n jong kind, (dogter) uit die donker wolke wat die linkerkant van die lug oorheers waar die donker wolke rondmaal en sy kyk af na ons en die mooiste glimlag verskyn op haar gesig wat ek nog ooit gesien het. Ek kyk na haar en se ‘kyk die engel’ en sy glimlag op ons”. Meteens draai ek om en loop eenkant toe en sien ‘n lig wat lyk soos ‘n “spot light” en ek loop in die middel daarvan en die lig omsirkel my en ‘n warmte versprei vanaf my voete en beweeg op tot by my gesig. En ek kry die mees ongelooflike kalmte en liefde wat oor my kom. Ek voel klein en nietig en kyk op en lig my hande op in die lug en se “Dankie Here”, en dan vir ‘n split oomblik kry ek die gevoel  dat ek sterf en huis toe. (I felt I died and went home)
Op daardie oomblik skrik ek wakker en kyk dadelik op die lug in want ek was nie seker of ek droom of dit die werklikheid is nie, maar sien toe die plafon van die kamer en weet ek het ‘n wonderlike ongelooflike droom gehad het, Dan sien ek op die horlosie  dat dit presies 4 uur is in die oggend. Ek le verwonderd en het die mees gelukkige gevoel sodat ek my arms om myself sit asof ek myself wil omhels en nie die wonderlike warme gevoel wil laat gaan nie. Toe ek opstaan voel ek of ek op wolke loop en alles is ‘slow motion’ en niks jaag my nie, alhoewel ek weet ek moet by die werk kom en dan op daardie oomblik weet ek dat ek ‘n “glims gekry het” van die heerlikheid en liefde wat die Here vir ons het maar ook ‘n boodskap is vir my gegee.

Ek maak my bybel oop en openbaring 3:7-13 val oop.

Toe ek by die werk kom en soos gewoonlik bid en lees ek altyd eers ‘n versie uit die klein bybeltjie (wat ek van my oorlede pa gekry het en altyd saamdra) voor ek begin werk, en die (Bybeltjie bevat net een versie van elke boek van die Bybel van die Oue en Nuwe Testament) val dit oop by die laaste 3 boeke van die Ou Testament.

Haggai:.. “Gaan haal hout in die berg en herbou my huis sodat Ek my eer kan ontvang en tevrede kan wees se die Here” vers 1-8.

Sagaria: ..” Bekeer julle tot My, se die Here die Almagtige, dan sal Ek weer by julle wees, se die Here die Almagtige”. Vers 1-3

Maleagi:..”Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word. Vers 4:2

Ek blaai die blaadsy om en dit is die einde van die Ou Testament en die volgende blaai die Nuwe Testament.
My boodskap wat ek wil uitbring aan almal ‘glo die Here bestaan regtig’, want ek het sy Heerlikheid ervaar en die tyd is naby “Hy is oppad”. Bekeer julle en draai na hom.
Die heerlikheid wat ons gaan ontvang is onbeskryflik en ek voel dat die Here vir my ‘n boodskap gestuur om dit aan almal te verspry sodat ons ons self moet voor berei en ek voel baie bevoorreg.





No comments:

Post a Comment