Monday 16 April 2012

Poort na God is smal en moeilik, maar geloofwaardig

Die Poort na God is smal.
God is almagtig. Neem al jou bekommernisse een vir een na Hom en omring jou met geloofsmentors wat jou kan help in moeilike tye. Onthou, die pad na God is nie maklik nie. Wanneer jy jouself aan Hom oorgegee het en die pad begin loop, is dit smal en  moeilik en baie kere verloor jy geliefdes en vriende  op die pad, want jou lewe het drasties verander. Daarom het jy geloofmaats nodig. Maar wees verskeker God is met jou al die pad.

Wanneer jy in ondenkbare situasies beland, moenie moed opgee nie, soek onmiddelik God se leiding. Plaas jou self onder die Heilige Gees se leiding. Mense sal nie altyd verstaan waarom jy nie wil ingee op versoekings nie, maar God sal jou lei en hou net vas aan sy hand, bid gedurig en loof Hom.  Rig jou denke volgens die waarheid. Dis so maklik om af te dwaal in moeilike tye, en dan kan ons soms tydelik ons greep op die samelewing verloor.Hou in sulke tye aan sy Woord vas.

Wanneer jy nie weet wat om te doen nie, onttrek jou van druk en reik in vertroue na God vir antwoorde. Herriner jouself voortdurend aan Sy goedheid. Vra hom soggends en saans om jou vrese weg te neem. Vra die Here om jou te help om die regte pad in hierdie samelewing te loop. Vervang kommer met lofprysende gebede want dit verlig jou siel en verdryf kommer.

Voeg elke dag 'n dankie by vir sy Goedheid. Ek het geleer dat wanneer ek worstel met 'n probleem, net eenkant toe te staan, my oe op Hom hef en vra dat Hy my moet help. Ek kan dit nie alleen doen nie. Hoe wonderlik is dit as wanneer ek weer probeer met dieslfde probleem, dinge anders en so maklik lyk. U is 'n wonderlike Vader en ek Loof U. Glo dat jou Vader se getrouheid is ook vir jou beskore, want dit maak dit so maklik om Sy seen raak te sien.  

 God gun jou soveel omdraaikanse. Draai jou rug op wat was en kweek aan gebed, as reddingsboei. Leef in dankbaarheid en  maak vrede jou anker. Die pad vorentoe mag smal en moeilik wees, maar met al jou geloof, hoop en liefde kan jy verseker wees dat jy die poort sal bereik. Laat sy Heilige Lig oor jou skyn en ek bid dat jy vrede in jou hart sal vind.
Amen.  

No comments:

Post a Comment