Tuesday 26 February 2013

Lewenspad - nie sonder probleme

                                                         

 Rig jou oe op  na God! - Hy is jou verlosser
Wanneer dit voel of jou lewenspad net nie wil vlam vat nie, moenie tou opgooi nie. - Ons is geroep deur God wat altyd daar is vir ons. Ons lewenspad is alreeds vir ons uitgele, al is daar dae dat jy bedroef word en voel dat daar geen lig aan die einde is nie.


Here, my God, op U vertrou ek met my hele hart. Ek weet dat dit partykeer voel of my lewenspad hier op aarde net vol probleme is en ek wil handdoek ingooi. Net U teenwoordigheid maak dit moontlik om helder te dink".

Waar jy nie meer kan loop nie, daar sal Hy jou dra.
Hebreers 12:11-13 - Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir die wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede sodat julle gehoorsaam is aan die wil van God. Versterk daarom die slap hande en die lam kniee, en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word".
Ons moet leef vir die dag. Wat verby is kan jy niks aan doen nie, wat voorle weet ons nie, maar elke dag wat aan jou geskenk word, leef dit volgens die wil van die Here. Die Here ontferm Hom oor sy kinders wat Hom dien.

Here, vir die reis wat voorle, laat U genade en liefde soos 'n ligte bries oor my waai sodat ek U innerlike krag en vrede kan vind. My lewenspad is vir my uitgele, op U vertrou ek,  al vind ek daaglikse probleme op my pad, my kruis sal ek dra met vreugde, want U is met my al die dae van my lewe tot die einde van die wereld.
Amen!

No comments:

Post a Comment