Tuesday 30 April 2013

U, is my lig op my pad

Psalm 119:105 -  "U woord is die lamp wat my die lig wys, die lig op my pad"

Daar is soveel onsekerheid in ons wêreld en op ons pad dat ons partykeer wonder hoe kan ons die toekoms aanpak, as ons nie seker is waarheen ons gaan nie.  God gee ons die versekering dat Hy altyd daar is in tye van teёspoed en nood. Die Here verstoot nie sy volk wat aan Hom behoort nie.

Met die lig van God se woord kan ons met vertroue die lewe ingaan sonder om bang en angstig te wees.


 Wanneer Jesus Christus deel is van my lewe dan kan ek met die Woord van die Here as lig selfs in my donker tye van my lewe sonder bekommernisse ingaan. Ons het lig nodig en die Here gee vir ons 'n lamp...."sy Woord, sy Wet".

God se Woord is die Lig wat ons moet saamdra op ons pelgrimreis na die onbekende want dan is die lewe nie so donker nie, want die woord is die lamp van God wat die duisternisse van jou lewenspad lig gee.

Wat 'n wonderlike gedagte om te weet dat ons nooit weer in die donker sal struikel nie, want God is met ons en Sy lig sal altyd oor ons skyn.

"Dankie Hemelse Vader vir die lig van U lamp wat U ons gee om saam met ons te dra om die donkerte tye van ons lewe op te lig."
Amen!

No comments:

Post a Comment