Saturday 19 October 2013

Wet van God (Die tien Gebooie)

Exodus 20:1-17 & Deuteronomium 5:6-21                                   

                 God het vir Moses na die top van Sinaiberg toe geroep en in 'n donker wolk voor Hom verskyn. Toe het God al hierdie gebooie aangekondig. - Onderhou ek en jy nog die gebooie, (wette van God),  soos voorgeskrewe !

Loof die Here!  Hy is almagtig!

  • Ek  is die Here jou God wat jou uit Egipte uit die plek van slawerny, bevry het;
  • Jy mag na My geen ander gode hê nie;
  • Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak wat bo in in Hemel is, of van wat onder op die aarde is nie, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van di wat My haat,  maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van die wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam;
  • Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een van sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie;
  • Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou;
  • Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.
  • Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig;
  • Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee;
  • Jy mag nie moord pleeg nie;
  • Jy mag nie egbreuk pleeg nie;
  • Jy mag nie steel nie;
  • Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie.
  • Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nié 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets wat aan hom behoort nie.
Ons sien die gebooie as 'n stel reëls, maar eindelik is die doel van die Tien Gebooie om te bewys dat ons almal gesondig het en derhalwe God se genade en seën nodig het.  Ons is sondaars en daarom kan ons nie die gebooie stiptelik onderhou nie.   
 
Johannes 3:16 - "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê".
   
"Here, my God, as 'n sondaar vra ek dat U my sal help om gehoorsaam te wees aan U wette, maar ek weet net deur U genade  en deur geloof in Jesus Christus, U my sal bevry".
Amen! 
                      

Monday 7 October 2013

Hoe sterk glo jy in die onsienbare God.

 
 
               2 Korintiërs 4:18 - Ons oog is nie op die sigbare gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare, ewig.
 
Ons vra baie keer vir wondertekens omdat ons nie glo nie, daarom red God diwat glo. God se Woord is lewend en kragtig.

In Johannes 1,1:4 staan daar. " In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was God self. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom. Ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en die lewe was die lig vir die mense".

God gee vir ons krag wanneer Hy die Heilige Gees oor ons laat kom. Daar is baie mense wat ongelowig is en nie glo in die hiernamaals nie, want dis onsigbaar.  Baie kan nie verstaan dat ons as Christene die pad saam met God loop en Hom blindenins volg nie.
 
Al wat God vra, is vir ons om te glo in Hom,  want Hy vat jou na die wenstreep toe. Tog glo ons as ons op ons knieë gaan en 'n gebed tot God rig. Vra God deur die Heilige Gees, om jou geesteoë oop te maak.

Het God al jou bede verhoor? Ons almal het al een of ander iets gevoel...Waar het dit vandaan gekom? God sê wie in My glo, het die ewige lewe.

Hebreërs 11:1 - Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop,om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Ja, ek kan onomwonde sê : EK GLO.
 Hemelse Vader, in 'n wereld van ongeloof en twyfel, bely ek vandag my geloof in U. Ek kan U nie wetenskaplik bewys nie, maar ek kan U beleef. U leef in my hart!
Amen!