Showing posts with label gebooie. Show all posts
Showing posts with label gebooie. Show all posts

Saturday, 19 October 2013

Wet van God (Die tien Gebooie)

Exodus 20:1-17 & Deuteronomium 5:6-21                                   

                 God het vir Moses na die top van Sinaiberg toe geroep en in 'n donker wolk voor Hom verskyn. Toe het God al hierdie gebooie aangekondig. - Onderhou ek en jy nog die gebooie, (wette van God),  soos voorgeskrewe !

Loof die Here!  Hy is almagtig!

  • Ek  is die Here jou God wat jou uit Egipte uit die plek van slawerny, bevry het;
  • Jy mag na My geen ander gode hê nie;
  • Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak wat bo in in Hemel is, of van wat onder op die aarde is nie, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van diẻ wat My haat,  maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van die wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam;
  • Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een van sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie;
  • Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou;
  • Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.
  • Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig;
  • Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee;
  • Jy mag nie moord pleeg nie;
  • Jy mag nie egbreuk pleeg nie;
  • Jy mag nie steel nie;
  • Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie.
  • Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nié 'n slaaf of slavin, 'n bees of 'n donkie, of enigiets wat aan hom behoort nie.
Ons sien die gebooie as 'n stel reëls, maar eindelik is die doel van die Tien Gebooie om te bewys dat ons almal gesondig het en derhalwe God se genade en seën nodig het.  Ons is sondaars en daarom kan ons nie die gebooie stiptelik onderhou nie.   
 
Johannes 3:16 - "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê".
   
"Here, my God, as 'n sondaar vra ek dat U my sal help om gehoorsaam te wees aan U wette, maar ek weet net deur U genade  en deur geloof in Jesus Christus, U my sal bevry".
Amen! 
                      

Sunday, 24 March 2013

Woord van God - Gees Vervulde Lewe

Romeine 8:14 - Almal wat wat hulle deur die Gees van God laat lei, is Kinders van God.
 
 
Om met God in 'n verhouding te tree kan in 'n verheerlike innige gevoel onwikkel. Die Gees van God lei ons op 'n daaglikse wese en veryk ons liggaam, siel en verstand. Vertrou op God seWoord en laat Hom toe om jou te lei in jou wereldse stryd. Met die Here se Woord sal Sy lig jou lei en self die donker tye in jou lewe verlig.

Johannes 12:26 - Äs iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer".

Die Woord van God is ook die Wet van God. God het ons die tien gebooie gegee om te gehoorsaam. Romeine 13:8-10

Ons ervaar God se teenwoordigheid egter nie net wanneer ons met Sy Woord besig is nie, maar as jy om jou kyk en God se wonderlike werke raaksien, die voel's gesange in die oggend, die son se warm strale, die silver maanlig in die aand en blinkende sterre in die hemel wat vir jou knpoog, die wonder   van 'n baba se geboorte, die soet geur van die vroer reen op die gras, die kleurryke blommeprag, die salige silte net voor 'n storm losbars, dan weet jy dat net God se Hande dit kan verrig.

 Psalm 33:9 - Deur die woord van die Here is die hemele gemaak deur sy bevel al die hemelliggame.

Hemelse Vader dankie dat ek my tot U kan rig en dat U my met U wonderlike Gees vervul. Laat U seen en lig oor my skyn en dat ek aan U Woord vas sal hou en getrou kan wees.
In Jesus Naam alleen.
Amen!