Showing posts with label leef. Show all posts
Showing posts with label leef. Show all posts

Tuesday, 4 August 2015

Wanneer jy seer het, wees stil voor die Heer.

Sagaria 2:13 - Wees stil voor die Here, al wat leef. Hy kom uit sy heilige woning te voorskyn.

Wanneer jy voel dat alles te veel word en jy kan jou seer nie meer alleen dra nie, raak stil voor die Heer. Hy sal jou toevou in Sy genade en jy sal besef dat jy nie sonder Hom kan wees nie.

Hierdie pragtige woorde is een van die gesange - Lied 519

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek spreek, en die wind en golwe bedaar, 
Ek sal ook jou getrou bewaar.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.
Ek is by jou, Ek gee jou krag.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Kom bring na My jou kommer en vrees.
Ek sal vir jou 'n toevlug wees.

Wees stil en weet: Ek is die Heer.
Bly waak en bid; volhard in geloof.
Ek is by jou soos ek beloof.

My Heer, rustig sit ek by U Voete, want ek weet U sal my genade gee en my seer weer heel maak.
Dankie vir die belofte dat u my pyn en vrees ken.
U luister na my stem elke dag Heer.

My gebed: Dankie Hemelse Vader dat ek elke dag vir U tyd kan inruim en stil voor U kan word. Dankie dat ek my probleme, my seer, my wese met U kan bespreek, en weet dat U my dra elke dag.
Amen!


Wednesday, 26 March 2014

Geestelike Reis - op pad waarheen!

  
.
 
 
 

Lukas 9, 51-53 - Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin en boodskappers voor Hom uit gestuur.  Hulle het vertrek en in 'n dorp van die Samaritane gekom om daar vir Hom verblyf te reël - maar die inwoners wou Hom nie ontvang  nie, omdat Hy na Jerusalem op pad was.
 
Meeste van ons is ook maar op pad erêns heen:- reis na die werk, vakansies, begrafnisse, troues en so voorts.
Daar is altyd 'n gevoel van opgewondenheid as jy op reis is na jou vakansie bestemming;
Gevoel van stilte vir 'n begrafnis; - afwagting na troues - dan na jou werk, 'n plig, tog sien jy uit daarna.
 
Maar wat van ons geestelike reis ! - waarheen is ons oppad?
 Wanneer ons 'n bepaalde geestelike reis wil begin, het ons mekaar as gelowiges nodig. Ons kan van mekaar leer en verantwoordelikheid  neem vir die geestelike reis wat ons met mekaar en ander moet loop. Dit gee 'n geestelike volwassenheid tot ons gelowiges, wat weet hoeveel hulp ons nodig het, om met ons geloofsreis te stap.
 
 
Tog wonder ons partykeer, waarheen is God met ons oppad! - Wat verwag Hy van ons - God se opdrag vir ons is om in Hom te glo en Hom te volg bo alles. Hy is die Alfa en Omega, die Begin en die Einde.
 
Daar is soms dae dat ek wonder waarvoor leef ek? vir wie leef ek? Hoekom leef ek? - en weet ek wat my doel hier op aarde is, en wat die uitkoms van lewe is!. - Maar dan kyk ek om my heen na Sy wonderwerke en weet ek smag na 'n dieper verhouding met God, in Jesus Christus.
 
Al wat ons kan doen is om besig te raak met God, soos Hy besig is met ons. Neem jou kruis en volg Hom wat die hemel en aarde gemaak het. Raak besig met sy Woord. Ons moet altyd net die groter prentjie in gedagte hou op ons geestelike reis, en dit sal die moeite werd wees en ook die doel van ons lewe. - die pad na God breek nuwe dinge in 'n mense se lewe oop, al weet jy nie waarheen jy soms op pad is nie.. God se pad is nie altyd maklik nie, - dis anders en onbekend. Ons geestelike reis saam met God maak jou vry, want om saam met God te wees, is mos genoeg en opwindend totdat ons eendag by Hom kan wees.
 
Nou is my vraag weer:-  "Waarheen is ek oppad? - die antwoord is:, saam met God, vrolik, vol hoop, vol lewe en vreugde, want God is met my!".
 
  My gebed: "Here, Vader, help my,  sodat my geestelike reis na U toe oppad kan wees,  al is die pad nie so gelyk en maklik nie, want ek weet dat U vir my wag, by my eindbestemming".
Amen! 
 

 

 
 
 
 

Tuesday, 17 December 2013

Die wonder van Jesus se geboorte !

 

Lukas 2:  Maria was 'n maagd en verloof aan Joseph -  Vers 28 - "Toe die engel by haar kom sê
hy; "ek groet jou, benagenadigde! Hie Here is by jou". - Vers 31-33 - "Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word.  Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader David gee, en Hy sal koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie". 

Elke persoon wat die wonderboodskap van Jesus se geboorte gehoor het, was verwonderd. 'n Maagd bring 'n kind in die lewe. Hoe sterk moet jou geloof wees om dit te verwerk!. - God het ons so lief gehad dat Hy 'n mensekind geword het om ons te verlos van ons sondes.
Ons almal se lewens was onherroeplik verander.
 
Die kersfeeswonder is nie 'n wonder wat ons vir ons self moet hou nie.
Hoe lank gelede het dit gebeur en tog elke Desember vier ons Sy geboorte of jy glo of nie. Alle eer kom God toe.
Gaan uit en kondig die boodsap  aan almal wat jy teekom!
Jesus is die seun van God. Die wonder van sy geboorte sal vir ewig leef.  Jesus se blye boodskap is steeds vir almal bedoel.
 
 "Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het".
 
As jy bereid is om te lewe tot sy eer, sal God vrede in jou hart en lewe gee.
 
Kersfees is die tyd dat jy en ek ons verhouding met God hernu, en saam met die Engele 'n loflied tot Sy eer sing.
Het jy al vrede gemaak met die mense om jou ? - God is vrede en liefde. 
Mag die vrede en vreugde van Kersfees deur die hele jaar elke dag by jou wees.
 
My gebed: "Hemelse Vader, dankie vir U liefde en dat U vrede op aarde bewerkstel. Help my om vrede in my lewe te handhaaf en ek wil U eer elke dag van my lewe. Dankie vir Jesus se geboorte sodat ek U kind kon word."
Amen!
 

Tuesday, 7 August 2012

Gee beheer oor aan Christus

Wanneer jy swak en kwesbaar is, voel ons baie keer eensaam en alleen. Daar is 'n brandende hopeloosheid wat oor jou hang. Moenie alleen voel nie, jy is nie die enigste een wat so voel nie.
Praat met God en vertel hom eerlik van jou gevoelens. Dit is van allergrootste belang dat jy sal onthou dat die Heilige Gees rondom jou is en God voorsien jou die krag om jou kop op te lig en voort te gaan. Ons moet net luister en sy stem sal jou dra op jou lewenspad.
Gee beheer oor aan Jesus Christus en Hy sal jou lei met selfvertroue om enige situasie en uitdaging onder te kry. Laat Jesus jou denke oorhees en plaas jou hoop op Christus en nie op jou eie vermoens nie.
 "Here vandag voel ek so kwesbaar, neem beheer oor my lewe sodat ek met vertroue in U kan leef. U almag is my waarborg dat my toekoms veilig by is en ek loof U daarvoor."

Is dit nie wonderlik om te weet dat God na jou sprekke met Hom luister en Sy teenwoordigheid bekend maak deur blywende hoop te verseker as ons net beheer aan Hom oorgee. Wanneer jou kragte begin ingee en jy dreig om tou op te gooi fokus net op Christus want sy liefde vir ons het ons vry gemaak.

Om te glo, hoop en lief te he vereis harde werk en ons kan dit alleenlike doen met die hulp van Bo. Laat die Here jou lewenspad vir jou loop en gee beheer oor aan Hom en die pad vorentoe sal so veel makliker wees. Ons is mensekinders en God weet dit, daar sal Hy jou nooit alleen laat nie. Volhard tot die einde en God gee jou die ewige lewe.

Hy is die Alfa en Omega, Begin en die Einde, Eerste en Laaste.
Amen