Showing posts with label hard. Show all posts
Showing posts with label hard. Show all posts

Wednesday, 13 August 2014

As jy val - moenie moed verloor nie - staan op

2 Samuel 22:2-7- "Die Here is my rots, my skuilplek en redder, my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk Verlosser, my veilige vesting, my toevlug en bevryder. Van geweld het U my verlos".

Die lewe kan soms baie hard en ongenaakbaar wees. As dinge te veel en woes raak, gaan skuil by die Here, want op Hom kan jy vertrou.
Moenie moed verloor as jy val nie, dis nie hoe hard jy val nie, maar hoeveel keer jy opstaan wat saak maak. Dit is ook nie wat die lewe na jou toe gooi nie, maar wat jy daarvan maak.
Die onderskeiding is, hoe ons reageer as ons val. Partykeer verwyt ons, onsself,  sommige van ons bly lê en voel jammer vir onsself en vertel dan hoe onregverdig die lewe is. Die grootste deel van ons pad is ons eie keuses wat ons maak en moet dit dan hanteer met die krag en genade van die Here.
 
Ons bly maar menslik, swak en vol foute. Ons is nie volmaak nie en almal maak een of ander tyd foute, verkeerde keuses wat jou hard grond toe bring, maar as God jou anker en skuilplek is, kan jy verseker wees, jy gaan sterk anderkant uitkom. 
 
God het steeds 'n plan met jou en soms wil wil ons net moed verloor - ons lewens is so gejaag, daarom verander die Here ons rigting soms en word ons gedwing om stil te sit, om ons te laat besef wat Hy vir ons wil sê, in ons omstandighede.
 
Die Here het Sy oë oral op die aarde, sodat Hy die kan help wat op Hom vertrou met hul hele hart.
 
Daarom moenie moed verloor nie, ons almal struikel soms, staan weer op en leer daaruit en hou jou oë gerig op die Here. 
 Onthou daar is altyd hoop en as jy bly lê dan sien jy dit nie raak nie.
 
Die Here is jou rots en anker.

My gebed: "Here, Jesus help my om weer op te staan as ek val en  om nie moed te verloor nie. U is my rots en ek hou my oë stewig op U gerig".
 
Amen!
 






Monday, 15 October 2012

Letter to God by / Brief aan God

Dear Heavenly Father,

Thank you for giving your Son to the world so that we can be free of Sin.

 
I am writing this letter to You with all my love, faith and hope.  I have walked a long and sometimes hard road over the years and have to admit that I were not always faithful to Your word, but for some reason you hold onto my hand and never let go.
 
I also know that the road won't be full of roses going forward, but I have the peace and assurance that You will hold onto my hand.

You have saved me from so many things. The time that I lost my job and with all the mergers with so many banks, You were trueful to Your word and have looked after me daily. Going through divorce, and I wanted to throw in the towel, You raised me up, hold me tight and show me the light. I don't know how I would have survived without You.

Thank you for your blessings that I received every minute. My life belongs to You and I love You very much.

Lord Jesus, I praise You for making it possible for me to be onbes mind wit other Christians, in spit of our difference, and that Your blood washed me clean of sin and makes me new. Amen


Tye wat ek alleen en eensaam was, het U die lig laat skyn oor bly en met U heilige stem in my hart hoop gegee vir die toekoms. Ek rig my oe op U elke dag en weet day my roepstem beantwoord sal word. Ek weet ek fraak baie ongeduldig as dinge nie gebeur wanneer ek dit wil he nie, maar op U tyd en wil.

Ek is U ewig dankbaar vir die krag wat ek van U ontvang het, sonder dit sou ek nie op my eie kon aangaan nie. Wat 'n wonderlike hemelse Vader is U.
 
Dankie vir 2 pragtige dogters en 2 kleindogters wat U aan my toe vertrou het. erk vra dat U hulle sal seen en elke dag saam met hulle sal wees.

Psalm 23 :4 - Al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is met my. In U hande is ek veilig.


Tot U Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie vergeefs wees nie. Amen