Showing posts with label oe. Show all posts
Showing posts with label oe. Show all posts

Tuesday, 14 May 2013

Blydskap, vreugde en 'n glimlag weerspieёl deur die oё !

Spreuke 15:13 - Blydskap laat 'n mens se gesig straal.

Sodra ons opgewonde en bly is skep ons vreugde wat ons gesig laat straal en dit maak nie saak wat die dag bring nie, dit verander ons gesig, en 'n opregte glimlag is baie aansteeklik.

'n Glimlag wat ook in die oё sigbaar is, is die maklikste manier om ander te laat glimlag, want dit dra die vriendelikheid aan ander oor en skep vreugde oral waar jy mag gaan. Die vreugde van, om God by jouself te ervaar, ondanks jou omstandighede wat ook al, verander dikwels dat mense jou deur ander oё sien. Die glimlag sal nie die omstandighede waarin jy jou bevind verander nie, maar dit sê vir almal wat jy teёkom dat God nog in beheer is van Sy kinders.

Vreugde kan ook,  hoe negatief ons omstandighede is,  in die lewe van God se kinders laat besef,  dat God met ons is, want ware vreugde en blywende blydskap is alleen in die Here te vind.  Ons is God se kinders en wat 'n wonderlike geskenk is dit nie.  Blydskap maak ons kommer en laste ligter.  Om vrolik en opgeruim te wees, skep ons vreugde aan ander so ver ons gaan.
Meer nog, as jy die dag verslae voor God staan en jou sondes bely wat jy teen God oortree het, en God sê, "my kind, jy kan gaan want jou sondes is vergewe", bars die vreugde deur jou want jy is weer nuut, want Jesus het gesterf vir ons sondes.

Vriendelikheid en 'n glimlag kan nie met geld gekoop word nie, maar jy kan 'n verskil in iemand anders se lewe maak wanneer jy met opregte warmte en vriendelikheid na hom/haar kyk, maak nie saak wie die persoon is nie.

Dit is waar dat dit nie altyd maklik is om vrolik te wees nie, want alle verhoudings is broos, ons raak ouer, jy staan partykeer alleen en ander versaak jou, maar onthou God sal jou nooit versaak nie.

Psalm 43:4 - "vreugde, bring my na 'n heilige berg, na U woning, dat ek by U kan ingaan en met vreugde oor U kan jubel en juig!

Dankie Hemelse Vader dat ek met opregte vriendelikheid en blydskap na ander kan kyk want ek weet U is met my en my glimlag weerspieёl in my oё.
 Amen!

Wednesday, 24 April 2013

Vertrou op die Here en vind Innerlike kalmte

 
Leer om oor als in jou lewe te bid en Hom volledig te vertrou. Plaas jou vertroue in God en glo soos 'n kind.

Vanoggend toe ek wakker word het ek geweet iets is anders. Ek het 'n innerlike kalmte ontdek in myself en besef, toe ek God vertrou het met my probleme, het Hy die leiding geneem en my laat verstaan dat alles reg sal wees. Soms verg dit net van ons om ons siel te laat gaan waar die o  nie kan sien nie.

Lukas 23:46, Jesus het hard uitgeroep:  "Vader, in U Hande gee ek my gees oor".

Probeer kalm bly en ten spyte van jou omstandighede. Daardie kalmte moet in ons hart begin. God se wonderlike krag sal ons lewens verander.
Die verskil tussen 'n gejaagte mens en 'n geroepe mens is innerlike kalmte. Vra dat God saam met jou moet stap, dan sal dit nie nodig wees om krisisbestuur toe te pas wanneer dit voel of die aarde onder jou voete pad gee nie. Wees rustig soos Jesus in die storm. As jy nie weet wat om te doen nie, wag!. Die toekoms skyn so helder soos God se beloftes.
"Mag die Here jou gedagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus!".

God se liefde en ontferming is die dryfveer om ons te verlos. God is altyd daar vir ons. By God is daar volkom rus en kalmte. Die antwoord vir lewenstevredenheid l in stil vertroue op die Here.
"Dankie Hewelse Vader dat ek my vertroue op U kan rig en dat U my die innerlike kalmte gee deur die werke van die Heilige Gees!"
Amen!