Showing posts with label sondige. Show all posts
Showing posts with label sondige. Show all posts

Saturday, 31 August 2013

Jy is vrygestel deur Jesus Christus.

Christus Jesus het ons sondes oorwin en ons vrygestel deur sy bloed.
 
Romeine 6:22-23; Maar nou - julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee is die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here.
 
Ons behoort nou aan niemand anders wat beheer het oor ons lewens. Christus is ons verlosser en ons behoort nou aan die drie enige, God; "Vader, Seun en Heilige Gees".

Ons weet dat Christus wat deur die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie, want die dood het geen mag oor hom  nie.

Ons is vrygespreek van ons sondes, daarom moet ons nou vir Christus lewe en in sy diens wees.
 Jesus gee vir ons genade, daarom moet nie meer sondes doen nie.

God het sy liefde vir jou en my in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. God bewys sy liefde vir ons juis hierin deurdat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Ons het ook ons versoening deur ons Here, Jesus Christus ontvang.
 
Ons moet sorg dat alles wat jy het, aan God beskikbaar te stel. Dan sal Hy jou ryklik in al jou behoeftes voorsien en jou seën in alles wat jy aanpak. Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
 
Romeine 6: 5-6; Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
 
Ons is dood vir die sonde, maar lewend vir God.
 
 "Here Jesus, ek wil graag meer toegewyd wees in U. Help my asseblief om nie meer sondes te pleeg nie, sodat my lewe van nou af net in U Naam toegewyd kan word. Baie dankie dat U my vrygestel het van my sondes".
Amen!
 
 
 

Saturday, 16 February 2013

Nuwe Lewe (Oorwinning)

 
 
 
Ons het saam met Christus gesterwe.
 
 
Kolossense 2:20 "Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reels van hierdie wereld". Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wereld behoort?"
 

 
God vra dat ons die ou sondige gewoontes verbreek en moet leef die lewe van 'n nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van ons Skepper en wat ons doen of se, doen of se dit in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
 
"Laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het" - Filippense 3:16
 
Wanneer ons na Jesus kyk en besef wat Hy alles vir ons prysgegee het, is dit maklik om aan te hou hardloop. Dis 'n geloofswedloop waarop jy jou oe moet vestig op Jesus, en doen dit met volharding, want wie tot die einde toe volhard, sal gered word.
 
2 Korintiers 6:17 - "Iemand  wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby - die nuwe het gekom".


 
Here, help my om nie om te kyk nie, maar vorentoe te kyk en die Oorwinnings lied saam met U te kan sing, wanneer die dag aanbreek, wanneer U ons kom haal.


In Johannes 3:3 se Jesus "Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie".
 
Hemelse Vader,  help my om my lewe te verander sodat ek 'n nuwe lewe saam met U kan loop en kan volhard deur geloof tot die einde. Dankie vir die versekering dat ons 'n oorwinnings lied sal sing en die Heerlikheid wat ewig sal bly, te kan ontvang.
Amen!