Showing posts with label verlosser. Show all posts
Showing posts with label verlosser. Show all posts

Tuesday, 3 December 2013

Kersfees vreugde !



Lukas 2:10-11- Toe sê
die engel vir hulle: "Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van David, die Verlosser gebore. Christus, die Here!"


Dis die tyd van die jaar wat ons almal ons vrese eenkant sit en met vreugde uitsien na Kersdag. Wanneer ons gereed maak vir Advent, die geboorte van Jesus Christus. Dit is tyd vir stil word en saam met al die gelowiges ons te verwonder oor die liefde van Jesus Christus - wanneer ons gereedmaak vir Sy wederkoms.

Dis die tyd nou wat ons die gejaagheid opsy moet sit, rustig raak en ons harte voorberei vir die Kersfees tyd. Maak tyd vir gesindheid, familie en vriende en 'n nuwe fokus vir die nuwe jaar wat voorlê.  Gee vir die minderbevoorregtes en konsentreer om liefde in mekaar se lewens te vestig.
 
Vir baie van ons is dit

die hoogte punt van die jaar. Kinders is vol verwagtinge. geskenke, koekies, lag en liggies weerspiëel orals.
 
Laat hierdie Adventyd waarin ons ons bevind, ons ook herinner dat Christus vir ons in die Vaderhuis plek gereed gemaak het - wees voorbereid op Sy koms soos 'n bruid wat wag op haar bruidegom.
 
Met Kersfees kom God naby jou. Christus se geboorte beteken vir ons lig, vreugde, fees en egte blydskap. Ware blydskap kom van God af. Deel vanjaar die vreugdeboodskap met almal om jou.
 
My gebed - "Mag die Here hierdie fees - vreugde en blydskap aan al sy kinders skenk. Here, help ons om rustig te word en tyd met U te spandeer. Dankie vir die wete dat U weer sal kom. Dankie vir Kersfees vreugde en liefde. Help my ook dat ek mede-deelsaam sal wees met my medemens, en U liefde en genade aan hulle sal uitstort."
Amen !
 

Saturday, 31 August 2013

Jy is vrygestel deur Jesus Christus.

Christus Jesus het ons sondes oorwin en ons vrygestel deur sy bloed.
 
Romeine 6:22-23; Maar nou - julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee is die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here.
 
Ons behoort nou aan niemand anders wat beheer het oor ons lewens. Christus is ons verlosser en ons behoort nou aan die drie enige, God; "Vader, Seun en Heilige Gees".

Ons weet dat Christus wat deur die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie, want die dood het geen mag oor hom  nie.

Ons is vrygespreek van ons sondes, daarom moet ons nou vir Christus lewe en in sy diens wees.
 Jesus gee vir ons genade, daarom moet nie meer sondes doen nie.

God het sy liefde vir jou en my in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. God bewys sy liefde vir ons juis hierin deurdat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Ons het ook ons versoening deur ons Here, Jesus Christus ontvang.
 
Ons moet sorg dat alles wat jy het, aan God beskikbaar te stel. Dan sal Hy jou ryklik in al jou behoeftes voorsien en jou seën in alles wat jy aanpak. Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
 
Romeine 6: 5-6; Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
 
Ons is dood vir die sonde, maar lewend vir God.
 
 "Here Jesus, ek wil graag meer toegewyd wees in U. Help my asseblief om nie meer sondes te pleeg nie, sodat my lewe van nou af net in U Naam toegewyd kan word. Baie dankie dat U my vrygestel het van my sondes".
Amen!
 
 
 

Wednesday, 6 February 2013

Wees stil voor God !

Wees stil voor sy Heilige aangesig en ervaar al Sy groot Wonderwerke.
 
Stille tyd is een van die mees rustigste ervarings. Ons mediteer vir baie dinge, hoekom plaas ons nie ons fokus op onse Vader wat in die Hemel is nie. Maak jou gedagtes skoon van die wereldse dinge en luister na God se roepstem.
 
Raak stil en voel Sy goddelike liefde en warmte om jou. Ons is almal so besig met ons wereldse programme dat ons nie tyd maak vir God nie. Daar is te veel dinge om te doen en te beleef.

 
Here, ek sukkel om partykeer stil te word voor U, met my besige lewe, help my om so stil te word dat ek net U stem kan hoor".
 
Raak stil en maak gebruik om Hom te aanbid. God sal jou alles gee wat jy voor vra as dit Sy wil is.
 
Daar is tye dat ek op my kniee gaan maar woorde ontneem my. Here, help my om my gedagtes net op U te rig en te vergeet van al my probleme en behoeftes. Ek wil U loof.

Bid gerus elke oggend en aand - Wees stil voor jou Verlosser - As jy dit doen en jou gebede tot God rig en dit opreg bedoel, sal jy ook mense rondom jou met meer genade behandel, en hulle sal dit agterkom.

Hoop is die onwankelbare sekerheid dat God se beloftes sal realiseer - gegrond nie op 'n ydele wens nie, maar op die werklikheid van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus. Wanneer jy stil voor jou Vader word, kan jy sonder enige skroom weet dat God luister en dat jou gebede bewaarheid sal word.

Maak die kamer se deur toe,  of enige plek waar jy alleen met God kan wees. Raak stil en nederig en luister na God se antwoord, om alleen saam met Hom te kan wees, sal jou al die vrede en rustigheid gee wat jou hart nodig het. Wanneer jy jou stilletyd net tot God rig kan jy dadelik die verskil voel wanneer jy opstaan en uitstap. Vol vrede en geluk.

"Vader, vandag raak ek stil voor U, help my om te fokus en net U in my gedagtes kan he en al die ander probleme en bekommernisse wat opdui, soos die wind sal verdwyn. Ek is Lief vir U".
Amen!.