Thursday 1 March 2012

Geloof

Die wyse man bid in die storm tot God, nie vir veiligheid van gevaar nie, maar vir verlossing van vrees - Ralph W Ewerson.

God werk in ons lewens op geen ander wyse as deur dit wat Hy in sy Woord belowe nie.
Vir ons is dit net so maklik om te se dat ons glo in Jesus, die Seun van die lewende God, maar wanneer die storms en rampe van die lewe om ons woed en aan ons fondamente ruk, dink ons wanhopig dat ons verlore is en voel ons van God verlate. Kan jou geloof altyd die storms van die lewe trotseer?

Met jou geloof stewig geanker in jou Verlosser en Redder, Jesus Christus, kan die storms maar kom. Jy sal veilig en gekoeser die oorkant bereik.
"Here Jesus, spreuk u gesagwoord en kalmeer die storms wat ek vandag moet hanteer" Amen

Om te leef deur geloof en op God te vertrou om op Sy tyd Sy werk deur ons te doen kan ons dalk die instrurment wees wat God gebruik om genesing en hoop te bring in die lewe van iemand wat desperaat daarop wag. Selfs geloof so groot as 'n mostertsaadjie is vir Hom meer as genoeg om uit te reik na mense.

Om te gee nog voordat jy terugontvang het, is 'n daad van geloof. Hy gee oorvloedig aan hulle wat niks verdien nie. As jy getrou is, God bly getrou. Mag God gee dat jou geloof sterk sal wees.  Moenie probeer om dinge op jou eie manier te doen nie, vertrou op Hom en plaas al jou worstelinge in sy hande. Erken aan jouself dat jy nie alle probleme self kan oplos nie.  Soek God se leiding in alles wat jy doen.
So keer geloof in die mooi van die lewe weer bietjie vir bietjie terug.

"Dankie, Here Jesus dat ek deur U verlossing elke dag in die geloof kan lewe"

Amen!

No comments:

Post a Comment