
Ek is
‘n Vrou -
Here, ek
verruil die wonder van vrou-wees vir niks –
Help my
om in elke faset daarvan ‘n kanaal te wees van U Goddelike liefde, lig en
lewe, soos net ‘n vrou kan.
Ek is
Ek –
Ek is
menslik, Here-
Ek het
foute en gebreke. Dankie dat U my aanvaar net soos ek is en my foute vergewe.
Ek is
‘n Maat –
Dankie
vir die vervulling van ‘n huweliksmaat-wees, Here.
Dankie
vir die gee en neem. Help my om nog meer te word wat die ander nodig het. Seën
ons verhouding.
Ek is
‘n Ma -
Dankie
vir die voorreg van ma wees –
Die
wonder en pyn daarvan is soms te veel, maar ek is dankbaar dat ek dit kan deel
met U, wat ook ‘n Vader is.
My-Dag
–
Dankie
dat ek ‘n af-dag kan hê, Here –
‘n dag
om te doen wat lekker is – As dit dan nie vandag kan wees nie, neem ek later ‘n
"ek-dag”.
Ek is
‘n Vriendin –
Here
Jesus, dankie vir my wonderlike vriendinne -
Maak my
ook ‘n ware vriendin vir hulle. Ek wil ook ‘n vriendin wees vir diegene
wat ek minder goed ken.
Ek is
U sin, Here –
Ek is U
volgeling Here Jesus . U is my Verlosser en Here.
Help my
om te doen soos U gedoen het en te praat soos U gepraat het.
Vul my
met U Heilige Gees.
No comments:
Post a Comment