Monday 20 April 2015

Sit jou probleme is Jesus se Hande


Psalm 40:2 - "Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor".
 
"Vertrou of die Here! Wees sterk en hou goeie moed".(Psalm 27:14)
  As die son voel dat dit nie meer wil skyn in jou lewe nie en sekere dinge jou ontstel, hou moed want Jesus is daar. Sit al jou probleme in Sy Hande en sien hoe die werkinge van Gods se lewenskrag in jou lewe werk.
 
 Moed en geloof is al wat nodig is,  om die grootste twyfel en vrese te oorbrug.

God, en die  Heilige Gees woon in jou en my, en ons moet net op Hom vertrou. Dit behels 'n sterk wil, deursettingsvermoë en baie vasberandenheid, maar met Jesus in jou midde, is alles moontlik. Al is ons struikelblokke hoe groot, en voel dat daar duisternis is,  is dit steeds aan God wie jou hart behoort en weet dat Hy sal voorsien elke nuwe dag.
 
God is ons verlosser, redder en leidsman en jy kan met 'n geruste hart al jou probleme in Sy Hande sit. Dit is vandag steeds die Almagtige se begeerte dat ons Hom sal dien.  
 
My gebed vir jou vandag is dat jy met jou oë op Hom gerig, sal vasbyt, en Hy sal jou saggies toevou in Sy Ewige Liefde.
 
Gebed: Vader in die Naam van Jesus bid ek, bind my asseblief vandag vas aan U Wil, U Waarheid en U Gedagtes. Dankie dat ek met oorgawe al my probleme In U Hande kan sit en weet dat ek nie verder daaroor bekommerd hoef te wees nie.
 
Amen!

1 comment:

  1. Thanks for sharing, nice post! Post really provice useful information!

    An Thái Sơn chia sẻ trẻ sơ sinh nằm nôi điện có tốt không hay võng điện có tốt không và giải đáp cục điện đưa võng giá bao nhiêu cũng như mua máy đưa võng ở tphcm địa chỉ ở đâu uy tín.

    ReplyDelete