Showing posts with label dade. Show all posts
Showing posts with label dade. Show all posts

Saturday, 8 February 2014

Liefde is 'n daad !

             1 Johannes 3:18 - "Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid".

Elke goeie werk wat ons doen is 'n daad van liefde ...Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie - hoe kan die liefde, God in hom wees.
 
Februarie is gewoonlik die maand van liefde.. Ons is almal maar mense, party mense glo in "Valentyn'sdag" en ander nie  - maar as ons die vraag stel, waar kom liefde vandaan, dan kan ons net aan een ding dink, God is liefde en Hy woon in ons harte.  
 
Wanneer die liefde in ons harte is, is dit soveel makliker om ook liefde aan ander te bewys en goeie dade te doen.

 
Die belangrikste is, as jy maar net in Jesus Christus bly glo, solank jy net in sy liefde bly, dan sal liefde ook in jou hart bly leef. Vra God om jou te help om liefde ook aan ander te bewys en daardeur jou goeie dade voort te sit. Wanneer die liefde 'n werklikheid geword het, dan kan ons ook vanuit die liefde, gaan lewe in alle goeie werke.
 
Elke goeie werk is 'n daad van liefde - Laat ons uitgaan en liefde bewys in ons dade sodat die regterhand nie weet wat die linkerhand doen nie.  Ons probeer partykeer uitbasuim wanneer ons 'n goeie daad verrig het, want almal moet daarvan weet. Wees verseker, jou Vader in die Hemel weet alles wat jy doen. Prys God! -  Moenie toelaat dat ons liefde vir ander, afwater nie.
 
Larry Grabb -"liefde beteken om sonder selfbeskerming nader aan ander te beweeg. Deur lief te hê word ons kwesbaar vir die seerkry, omdat ons geloof in die krag van die liefde groter word as ons vrees vir verwerping. Natuurlik maak dit seer om lief te hê, maar om nie lief te hê nie, maak nog seerder".
 
Geloof, Hoop en Liefde - bly hierdie drie - en die grootste hiervan is die Liefde
 
My gebed: "Hemelse Vader, God van liefde, help my om liefdesdade aan ander, deur dade te wys en uit te gaan om goeie werke alleenlik in U naam te doen".
Amen.

 

 

Friday, 9 November 2012

Vergifnis

Korintiers 5 : 16-20

As 'n Christen behoort ons dit makliker te vind om ander wat jou verkeerd aangedoen het, te vergewe, maar dis partykeer so moeilik om vergifnis toe te pas.



Jesus het aan die kruis die mense wat hom geslaan en gekruisig het, vir God gevra om hulle te vergewe, want hulle weet nie at hulle doen.

Hoeveel meer te reg kan ons vergewe. Ons kry so seer deur dade van geliefdes en vriende, dat ons 'n deur toemaak in ons hart, en dan is dit baie moeilik om daardie deur weer oop te maak en daardie persoon terug in jou lewe te te sit.

Meestal is dit die afdwaling van 'n man of vrou wat jou verwerp en 'n skeisaak hangend maak en jy was nie reg daarvoor nie, maar onthou God is altyd saam met ons en al doen jy wat verkeerd in die oe van die Vader, Hy altyd gewillig is om jou te vergewe.

Om waarlik te vergewe  moet jy eers aan die ander kant van vergifnis staan en wanneer iemand jou vergewe, dit makliker is vir jou om ook te vergewe.

As jy alles liefhet, sal jy die Goddelike geheimenis in dinge raagsien. Sodra jy dit waarneem, sal jy dit elke dag beter begin verstaan en vergifnis sal makliker wees vir jou medemens.

Daar is nie 'n enkele mens op aarde wat met reg kan se hy doen geen sonde nie. Die Bybel se tog duidelik dat ons almal in sonde gebore is, daarom het ons Jesus nodig in ons lewe.


 
Vergewe en vergeet en los dit in die Skepper se Hande om te oordeel.