Showing posts with label medemens. Show all posts
Showing posts with label medemens. Show all posts

Tuesday, 3 December 2013

Kersfees vreugde !



Lukas 2:10-11- Toe sê
die engel vir hulle: "Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van David, die Verlosser gebore. Christus, die Here!"


Dis die tyd van die jaar wat ons almal ons vrese eenkant sit en met vreugde uitsien na Kersdag. Wanneer ons gereed maak vir Advent, die geboorte van Jesus Christus. Dit is tyd vir stil word en saam met al die gelowiges ons te verwonder oor die liefde van Jesus Christus - wanneer ons gereedmaak vir Sy wederkoms.

Dis die tyd nou wat ons die gejaagheid opsy moet sit, rustig raak en ons harte voorberei vir die Kersfees tyd. Maak tyd vir gesindheid, familie en vriende en 'n nuwe fokus vir die nuwe jaar wat voorlê.  Gee vir die minderbevoorregtes en konsentreer om liefde in mekaar se lewens te vestig.
 
Vir baie van ons is dit

die hoogte punt van die jaar. Kinders is vol verwagtinge. geskenke, koekies, lag en liggies weerspiëel orals.
 
Laat hierdie Adventyd waarin ons ons bevind, ons ook herinner dat Christus vir ons in die Vaderhuis plek gereed gemaak het - wees voorbereid op Sy koms soos 'n bruid wat wag op haar bruidegom.
 
Met Kersfees kom God naby jou. Christus se geboorte beteken vir ons lig, vreugde, fees en egte blydskap. Ware blydskap kom van God af. Deel vanjaar die vreugdeboodskap met almal om jou.
 
My gebed - "Mag die Here hierdie fees - vreugde en blydskap aan al sy kinders skenk. Here, help ons om rustig te word en tyd met U te spandeer. Dankie vir die wete dat U weer sal kom. Dankie vir Kersfees vreugde en liefde. Help my ook dat ek mede-deelsaam sal wees met my medemens, en U liefde en genade aan hulle sal uitstort."
Amen !
 

Friday, 9 November 2012

Vergifnis

Korintiers 5 : 16-20

As 'n Christen behoort ons dit makliker te vind om ander wat jou verkeerd aangedoen het, te vergewe, maar dis partykeer so moeilik om vergifnis toe te pas.



Jesus het aan die kruis die mense wat hom geslaan en gekruisig het, vir God gevra om hulle te vergewe, want hulle weet nie at hulle doen.

Hoeveel meer te reg kan ons vergewe. Ons kry so seer deur dade van geliefdes en vriende, dat ons 'n deur toemaak in ons hart, en dan is dit baie moeilik om daardie deur weer oop te maak en daardie persoon terug in jou lewe te te sit.

Meestal is dit die afdwaling van 'n man of vrou wat jou verwerp en 'n skeisaak hangend maak en jy was nie reg daarvoor nie, maar onthou God is altyd saam met ons en al doen jy wat verkeerd in die oe van die Vader, Hy altyd gewillig is om jou te vergewe.

Om waarlik te vergewe  moet jy eers aan die ander kant van vergifnis staan en wanneer iemand jou vergewe, dit makliker is vir jou om ook te vergewe.

As jy alles liefhet, sal jy die Goddelike geheimenis in dinge raagsien. Sodra jy dit waarneem, sal jy dit elke dag beter begin verstaan en vergifnis sal makliker wees vir jou medemens.

Daar is nie 'n enkele mens op aarde wat met reg kan se hy doen geen sonde nie. Die Bybel se tog duidelik dat ons almal in sonde gebore is, daarom het ons Jesus nodig in ons lewe.


 
Vergewe en vergeet en los dit in die Skepper se Hande om te oordeel.