Showing posts with label verhouding. Show all posts
Showing posts with label verhouding. Show all posts

Friday, 21 March 2014

Bruid van God - Die Heerlikheid


Wie is die bruid van God

Openbaring 21:2; "En ek, Johannes, het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is."  
 
  Openbaring 21:9-11;  Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het, waarin die sewe laaste plae was, gekom en met my gepraat, "Kom het hy gesê; ek sal jou die bruid wys,  die vrou van die Lam." - Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na 'n groot hoë berg toe geneem en die heilige stad, Jerusalem, vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom. Die stad het die heerlikheid van God: sy glans is soos van die korsbaarste edelsteen, soos 'n kristalhelder paal. 
 
Johannes was die getuie van God, soos Jesus Christus bevestig het; en hy getuig van alles wat hy gesien het.
 
 Om 'n bruid te wees is seker een van die opwindenste gebeure in 'n vrou se lewe. - Die bruidegom wag vir jou voor die preekstoel. Die pragtige stralende bruid, geklee in spierwit, met sterre in die oë, wat die paadjie afstap na haar bruidegom, wat vol verwagtinge en verwonderinge na haar staar - hier in die aardse werêld.
 

 
Hoe is ons verhouding met God  
 Hoe sal die voel om die bruid van God te wees gekleed in 'n vlekkeloos bruidskleed - maak ons, ons gereed vir Hom, wat as die hemelse bruidegom vir ons wag. Lewe ons volgens die standaarde van God, sodat ons 'n glans kan uitskyn vir ander om te sien dat ek en jy 'n bruid van die Hemelse Bruidegom is. Is ons lewens onberispelik, regverdig en opreg? - As gelowiges en kinders van God, is ons sonder gebrek?, - en skyn ons soos ligte in die werêld. - Sal ons gereed wees as ons Hemelse Bruidegom kom, om ons op te eis! - of sal ons beskaamd voor Hom staan!. 
 
So doen God vandag nog steeds met sy kerk, deur Christus. Christus maak self Sy bruid mooi vir die bruilof. Hy wil hê dat ons sonder vlek wees, heilig en sonder gebrek, stralend soos 'n bruid. - en dan; as eendag die bruilof van die Lam aanbreek, dan sal dit wees soos Johannes dit gesien het in sy visioene; - aan die bruid is gegee om bekleed te wees met rein en fyn linne, want die fyn linne beeld die regverdige dade van die heiliges af.
 
Christus is die hemelse bruidegom wat van Sy Vaderhuis af uit die Hemel kom,  om ons te soek en te red wat verlore is, sodat ons die erfenis van Sy hemelse koninkryk, met Hom te deel. 
Ons moet goeie werke doen. Ons moet verander dat ons 'n waardige bruid vir Christus kan wees. 
 
My gebed: "Jesus, Christus help my om rein en vlekkeloos te lewe soos U van my verwag, sodat ek gereed sal wees as U, die Hemelse Bruidekom, my kom opeis as U bruid".
Amen!




Sunday, 24 March 2013

Woord van God - Gees Vervulde Lewe

Romeine 8:14 - Almal wat wat hulle deur die Gees van God laat lei, is Kinders van God.
 
 
Om met God in 'n verhouding te tree kan in 'n verheerlike innige gevoel onwikkel. Die Gees van God lei ons op 'n daaglikse wese en veryk ons liggaam, siel en verstand. Vertrou op God seWoord en laat Hom toe om jou te lei in jou wereldse stryd. Met die Here se Woord sal Sy lig jou lei en self die donker tye in jou lewe verlig.

Johannes 12:26 - Äs iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer".

Die Woord van God is ook die Wet van God. God het ons die tien gebooie gegee om te gehoorsaam. Romeine 13:8-10

Ons ervaar God se teenwoordigheid egter nie net wanneer ons met Sy Woord besig is nie, maar as jy om jou kyk en God se wonderlike werke raaksien, die voel's gesange in die oggend, die son se warm strale, die silver maanlig in die aand en blinkende sterre in die hemel wat vir jou knpoog, die wonder   van 'n baba se geboorte, die soet geur van die vroer reen op die gras, die kleurryke blommeprag, die salige silte net voor 'n storm losbars, dan weet jy dat net God se Hande dit kan verrig.

 Psalm 33:9 - Deur die woord van die Here is die hemele gemaak deur sy bevel al die hemelliggame.

Hemelse Vader dankie dat ek my tot U kan rig en dat U my met U wonderlike Gees vervul. Laat U seen en lig oor my skyn en dat ek aan U Woord vas sal hou en getrou kan wees.
In Jesus Naam alleen.
Amen!