Showing posts with label loflied. Show all posts
Showing posts with label loflied. Show all posts

Saturday, 22 November 2014

Lewe met 'n gebed en 'n loflied in jou hart.


Psalm 30 - Vir altyd sal ek U loof: 2-3,5 - Ek wil U lof verkondig, Here, want U het my gered en my vyande nie laat bly wees nie. Here, my God, ek het na U geroep om hulp en U het my gesond gemaak. - Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof Sy heilige Naam ! 

 Ek maak nou my hart oop voor U dat U daarin kan woon. Vergewe my my sondes en maak alles skoon. Ek wil graag U kind wees en rein voor U staan op nuut.
 
Ek sing 'n nuwe lied uit my hart. Hy is die Koning, Hy is die Here. Kom sing 'n nuwe lied vir Hom!.

Wat ons bid, weerspieël wat ons glo. Ons geloofsoortuiginge bepaal egter ook ons gebede.

Ons gebede weerspieël hoe ons leef. Ons gebede bepaal ons etiek, ons visie van die soort samelewing wat ons wil hê, ons waardes, ons karakters, ons deugde, ons keuses, ons gedrag. Ons sien wat ons bid. Ons hang dit aan wat ons bid. Ons wórd wat ons bid. Ons ís wat ons bid. Ons lééf wat ons bid. Ons visie, ons waardes en karakter, ons deugde en gedrag bepaal, aan die ander kant, ook weer die inhoud van ons gebede.
Here ek wil stil word hier voor U voete. Ek wil hoor wat U vir my sê. Ek wil my hart vir U Gees oopmaak. Daar is soveel vrae wat ek U wil vra, oor dinge wat gebeur hier in my eie lewe en ook in die wêreld wat ek nie verstaan nie, maar ek besef dat dit U wil is, en daarom wil ek 'n loflied vir U sing. 
 
Psalm 134-1:3 - 'Pelgrimslied'. "Kom prys die Here, julle almal wat Hom dien, julle wat in die nag in die tempel van die Here staan! Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here. Mag die Here jou seën
uit Sion. Hy wat hemel en aarde gemaak het."
 
 Dankie dat U my vryspreek en leer my nou om te lewe, om soos Jesus te wees. Ek gee my lewe aan U as 'n offer, en alles wat ek is Heer, kom gee ek vir U. U is die Koning wat in my woon en regeer.

Talle mense ken nie die vreugdevolle lewe van vergeefdes nie en ervaar nie die bevryding van die bose in al sy vorme nie.
 
 "Onse Vader wat in die Hemel is, laat U wil Naam geheilig word, laat U wil geskied, laat U Koningryk kom"..
 
Amen!
 

Tuesday, 17 December 2013

Die wonder van Jesus se geboorte !

 

Lukas 2:  Maria was 'n maagd en verloof aan Joseph -  Vers 28 - "Toe die engel by haar kom sê
hy; "ek groet jou, benagenadigde! Hie Here is by jou". - Vers 31-33 - "Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word.  Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader David gee, en Hy sal koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie". 

Elke persoon wat die wonderboodskap van Jesus se geboorte gehoor het, was verwonderd. 'n Maagd bring 'n kind in die lewe. Hoe sterk moet jou geloof wees om dit te verwerk!. - God het ons so lief gehad dat Hy 'n mensekind geword het om ons te verlos van ons sondes.
Ons almal se lewens was onherroeplik verander.
 
Die kersfeeswonder is nie 'n wonder wat ons vir ons self moet hou nie.
Hoe lank gelede het dit gebeur en tog elke Desember vier ons Sy geboorte of jy glo of nie. Alle eer kom God toe.
Gaan uit en kondig die boodsap  aan almal wat jy teekom!
Jesus is die seun van God. Die wonder van sy geboorte sal vir ewig leef.  Jesus se blye boodskap is steeds vir almal bedoel.
 
 "Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het".
 
As jy bereid is om te lewe tot sy eer, sal God vrede in jou hart en lewe gee.
 
Kersfees is die tyd dat jy en ek ons verhouding met God hernu, en saam met die Engele 'n loflied tot Sy eer sing.
Het jy al vrede gemaak met die mense om jou ? - God is vrede en liefde. 
Mag die vrede en vreugde van Kersfees deur die hele jaar elke dag by jou wees.
 
My gebed: "Hemelse Vader, dankie vir U liefde en dat U vrede op aarde bewerkstel. Help my om vrede in my lewe te handhaaf en ek wil U eer elke dag van my lewe. Dankie vir Jesus se geboorte sodat ek U kind kon word."
Amen!