Showing posts with label natuur. Show all posts
Showing posts with label natuur. Show all posts

Monday, 18 August 2014

Moenie bang wees nie - neem die eerste sprong.

Jesaja 41:13 - "Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie. Ek help jou".

Die lewe is veronderstel om 'n avontuur te wees - maar ons is so bang om die eerste stappie te neem - ons vrese vir die onwerklikheid maak ons bang en hou ons gekelder.

Jesus leer ons dat deur geloof en vertroue in Hom, 'n mens enige vrees kan oorwin.  Jy hoef nie skaam te wees as jy bang is nie - dit is deel van ons menslike natuur.

Ons val vas in angs as ons nie na Sy stem luister nie. Onthou jy is nooit alleen nie -
 
Moenie bang wees nie - plaas jou hand in Sy hand en Hy sal jou help om sonder vrees jou lewenspad te bewandel. Die Heilige Gees het mos juis gekom om ons te versterk. Deur die Gees se krag kan ons, ons angs oorwin.
 
Onthou, Jesus sit mense om ons, mede-gelowiges om mee te gesels. Dit help baie as jy hulle vertel van jou vrese en vra dat julle saam bid. Ons kan mekaar aanmoedig en bystaan. - Ondersteuningsgroepe is van groot waarde. Neem die eerste sprong en begin om 'n verhouding met gelowiges te kweek.

Psalm 23:4 - staan geskrywe, "al gaan ek ook in 'n dal van doodskadewee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my, U stok en U staf, die vertroos my"!
 
God ontferm Hom oor ons, In elke moeilikheid help Hy ons, daarom moenie bang wees nie en moenie ophou om jou troos by Hom te soek nie.
 
My gebed: "Here Jesus, dankie dat U vir my sorg en beskerm. Dankie dat wanneer ek bang is, U my met die krag van U liefde omring, sodat ek nie in angs verval nie".
 
Amen!
 
 
 


Monday, 29 July 2013

Beleef jy dalk 'n geeslike seisoen in jou lewe !

       Seisoene wat kruis in ons eie lewens     


Ons lewens is partykeer soos die seisoene van die natuur - naamlik; Winter (depressie); - Herfs (hartseer/moegheid); Lente (opgewondenheid); en dan Somer (vreugde /liefde).

                 Winter: -   Is die tyd wanneer ons voel dat niks meer sin maak nie. Wanneer ons in 'n diep depressie gaan,  en ons onttrek onsself van alles en almal, hoop dat ons probleme sal verdwyn. Jy voel kaal gestroop soos die bome in die winter. - Soms wonder jy of God nog daar is en vra dikwels die vraag, hoekom / waarom?

 Psalm 10:1 Waarom staan U so ver weg, Here? Waarom trek U, U terug in tye van nood? Dis wanneer ons moet uitreik na God - Sy hand neem.-  in Matthews 27:46 het Jesus ook uitgeroep "My God, My God, waarom het U my verlaat?" toe Hy aan die kruis gesterf het.
Bly op die Here vertrou en bid gedurig. Dis nie maklik nie, maar kry 'n vriend/in om vir jou te bid as jy dit nie self meer kan doen nie. God is altyd met jou.


                  Herfs: - Jy het 'n geliefde verloor, voel harseer en partykeer voel jy so moeg van al die stampe en stote wat jou lewenspad kruis. Kyk dan na die pragtige kleure van die blare aan die bome en plante en weet dat God Sy hand oor jou gesit het. Dis soos 'n kaleidoskoop met al the wonderlike kleure. Ons moet deur die herfs in ons lewens gaan en beproewings sal aan ons gegee word, want dit beteken dat ons geeslik groei en jy kan al die probleme wat oor jou kom, afgegooi, en vorentoe beweeg. Dis so maklik om in versoekings te kom dat.

Lukas 24:38 - "Waarom is julle so verskrik en waarom kom daar twyfel in jul harte"
 Wees standvastig en pas stiltetyd toe saam met God en bid dat Hy Sy Heilige Gees oor jou sal neerdaal. 
             Lente: - Sodra die eerste bloeisels aan die bome verskyn en jy sien skoenlappers vlieg, kom daar 'n diepe opgewondenheid van binne-af oor jou. Dit borrel van opgewondenheid vir geen rede nie. Jy weet die tyd het aangebreek vir skoonmaak. Dis die tyd dat jy ook al die spinnerakke wat nog in jou lewe is, moet afstof, asook ons verhoudings met die Here regstel. Vergifnis gee aan diegene wat onreg teen jou gepleeg het. Dit is 'n seisoen wat jy jou gebedslewe weer moet opkikker en daagliks tyd wegsit saam met God. Sing 'n loflied tot Sy eer. Dit voel of dit nie so moelik is om versoekings te weerstaan nie.

Psalm 36:10 -  U is die bron van die lewe, deur U lig lewe ons. 
Dank die Here dat Hy hierdie wonderlike seisoen in jou lewe gebring het.



                Somer: - Jy voel die wonderlike son se strale sag op jou gesig skyn. Hemels!. Daar is 'n stappie in jou stap. Dis ook wanneer ons geeslike lewe vol sonskyn is. Ons voel gesond en daar is 'n lied in ons hart. Nou is die tyd dat ons voluit lewe en doen wat die Here ons vra om te doen. Nou sing ons soos voёltjies en ons hart is vol liefde vir mekaar. Daar is ook versoekings, maar dit is makliker om te weerstaan, want jy vertrou nou weer volkome op God. Ons sien dinge raak wat ons andersins nie wou, of kon raaksien nie, en daar is meer standvastigheid in ons verhoudings.

Psalm 18:33 - God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig.
Kom ons sing 'n lied tot God oor die somer in ons lewens.

Wat ook al die seisoen is waarin jy jou bevind op die oomblik, wees dankbaar, want elke seisoen moet kom en gaan, want dis hoe ons, ons self voorbery tot God se liefde en genade, en ons ons volkome vertroue op Hom plaas.

"Here, my God, - ons is nie altyd in die somer seisoen van ons lewens nie, maar ons weet dat U ons beskerm teen die aanslae van die wêreld. Dankie dat U soveel omgee vir ons en ons help deur elke seisoen van ons lewens. Ons dank U."
Amen!