Showing posts with label red. Show all posts
Showing posts with label red. Show all posts

Friday, 10 January 2014

God is altyd in beheer

      
Sefanja 3:17Die Here jou God is by jou. Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou. Hy is stil tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.                       

God is jou anker en om Hom draai alles. God is vir jou en my baie lief. Onthou, wat ook al gebeur in jou eie lewe, Hy is altyd in beheer. Niks groot en niks kleins sal in hierdie skepping gebeur, sonder die wil van God, onse Vader nie. –

Ons lewenspad is alreeds vir ons uitgelê. 

Tog vra ons die vraag, Hoekom!, as iets verkeerd gaan in ons lewens. Hoekom, ek!  - dan wonder ons, waarom gebeur daar slegte dinge met God se kinders? – waarom sorg Hy dan nie, dat sy kinders, nooit hartseer en pyn beleef nie? -

God sê in Jeremia 29:11 - “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: - voorspoed, en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting” – God wil vir ons ‘n goeie lewe gee. Hy is in beheer van elke enkele ding wat orals in die werêld gebeur. God ken die nagevolge van die effek daarvan - Hy het al die wysheid en Hy weet waarom Hy dit doen en toelaat. God het alreeds alle moontlike nagevolge reeds bereken, en Hy het die beste een gekies. Sy plan is alreeds uitgewerk - Hy is almagtig en is in beheer van hierdie werêld. 
Dis Hy wat jou krag gee om elke dag se druk te hanteer en die moed gee om soggens op te staan en die dag aan te durf.

Die vraag is net;- is jy bereid om voor God te buig, en te aanvaar, wat Hy oor jou pad, vandag en more, laat kom!  - Onthou, al wat God van jou en my vra, is om in Hom te glo en vaste vertroue en geloof te handhaaf. Hou vas aan jou geloof, en wees verseker dat Hy altyd daar sal wees. 

Matteus 10: 29-31 – “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? – en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. -  Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel – Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies”.

Sy beloftes hou stand, want Hy is in Beheer van jou, en ook die lewens van jou gesin! – God kom altyd sy beloftes na. 

“Here, ek vertrou jou met my hele hart, wat U ook al vir my beplan, is goed. Waar U my ook al heen lei, daar sal ek gaan”.

Amen!



 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Sunday, 3 November 2013

Die Here is altyd naby jou !

   Sefanja 3:17 - "Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat jou red. Hy is vol vreugde oor  jou, Hy is stil-tevrede in Sy liefde. Hy jubel en juig oor jou".
       
Die Here is altyd by jou.  Die Heilige Gees het gekom om oor ons te waak. Hy is altyd daar.

Wanneer jy voel dat jy alleen is met jou probleme en ook jou vreugde, wees verseker dat God altyd by jou is. Moet nooit daaraan twyfel nie al voel dit soms dat God jou verlaat het. As jy in die dieptes van ellende en eensaamheid verkeer, roep net Sy Naam  en God sal jou nie teleurstel nie. Hy sal afbuig en jou hand vat en jou terug op die pad sit. Geen swaarkry is heeltemal onuithoudbaar as jy weet God is met jou.
 
Johannes 14:13 - Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.
 
Kyk op na die hemel en roep Sy Naam en besef dat Hy majestieuse krag besit en ontdek sy omhelsing.

Partykeer raak ek so gefrustreerd en geirriteerd as dinge nie reg loop nie, veral wanneer ek haastig by 'n plek of die werk moet kom en dan wonder hoekom ek so gestraf word, maar dan hang ek my kop in skaamte want besef dan, dalk was daar iets anders op my pad wat my sou verhinder om veilig my eindstemming te bereik, want die Here was naby en wou my laat besef dat my lewe in gevaar was en sodoende het Hy iets oor my pad laat kom.

"Here help my om net geduldiger en rustiger te lewe, om nie so haastig is en omgekrap word as iets verkeerd gaan nie", want ek besef U is met my".  

Die lewe se belangrikste strewe is nie om jouself te ken nie, maar om God te ken. As God nie die dryfveer van ons lewe is nie, is alle ander dinge wat ons najaag doodloopstrate, ook die poging om onsself te ken.

God se nabyheid kan 'n vervelige lewe opwindend maak en wees verseker Hy is altyd by jou.

Amen!