Saturday 31 August 2013

Jy is vrygestel deur Jesus Christus.

Christus Jesus het ons sondes oorwin en ons vrygestel deur sy bloed.
 
Romeine 6:22-23; Maar nou - julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee is die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here.
 
Ons behoort nou aan niemand anders wat beheer het oor ons lewens. Christus is ons verlosser en ons behoort nou aan die drie enige, God; "Vader, Seun en Heilige Gees".

Ons weet dat Christus wat deur die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie, want die dood het geen mag oor hom  nie.

Ons is vrygespreek van ons sondes, daarom moet ons nou vir Christus lewe en in sy diens wees.
 Jesus gee vir ons genade, daarom moet nie meer sondes doen nie.

God het sy liefde vir jou en my in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. God bewys sy liefde vir ons juis hierin deurdat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Ons het ook ons versoening deur ons Here, Jesus Christus ontvang.
 
Ons moet sorg dat alles wat jy het, aan God beskikbaar te stel. Dan sal Hy jou ryklik in al jou behoeftes voorsien en jou seën in alles wat jy aanpak. Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
 
Romeine 6: 5-6; Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
 
Ons is dood vir die sonde, maar lewend vir God.
 
 "Here Jesus, ek wil graag meer toegewyd wees in U. Help my asseblief om nie meer sondes te pleeg nie, sodat my lewe van nou af net in U Naam toegewyd kan word. Baie dankie dat U my vrygestel het van my sondes".
Amen!
 
 
 

Saturday 17 August 2013

Hoe eg is jou geloof in God.

                    1 Petrus 6-7 - Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings; sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word.
 
          God belowe om altyd vir ons lig te maak in donker tye.

In Jesaja 42:16 se God "Ek laat die blindes loop op 'n pad wat hulle nie ken nie. Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk."

Partykeer gaan dit baie sleg met ons, maar wat ons dan staande hou is die egtheid van ons geloof. Hou ons aan met bid, en vertrou of God, dat dit weer beter met ons sal gaan?, of,  gaan sit ons op die ashoop en gee moed op.  Hoe reageer jy dan?  Dit voel partykeer dat dit net nie beter wil gaan nie en God voel dan baie ver weg van ons. Onthou, die Here bly altyd dieselfde en Hy heers oor ons, so glo vas dat God na ons smeekgebede luister, en moet nie moed verloor nie. God het jou lief en is digby jou. Deur sy Gees lei Hy jou.

Dis wanneer die toets van ons geloof navore kom. Geloof is 'n gawe van God en 'n geskenk uit die hemel!. Dis die tyd dat jou diepste geloofsverbondenheid tot God jou moet dra en die toets van die egtheid van jou geloof moet seëvier.

Byt vas, hou vas aan God se Woord. Jy is God se kind. Geen swaarkry is heeltemal onuithoudbaar as jy weet dat God by jou is nie.

God hou die leisels vas en is in beheer.

"Hemelse Vader, gee my U volle krag sodat ek die toets kan volstaan en dat my geloof in U altyd eg sal wees".

Amen!