Showing posts with label geskenk. Show all posts
Showing posts with label geskenk. Show all posts

Saturday, 17 August 2013

Hoe eg is jou geloof in God.

                    1 Petrus 6-7 - Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings; sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word.
 
          God belowe om altyd vir ons lig te maak in donker tye.

In Jesaja 42:16 se God "Ek laat die blindes loop op 'n pad wat hulle nie ken nie. Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk."

Partykeer gaan dit baie sleg met ons, maar wat ons dan staande hou is die egtheid van ons geloof. Hou ons aan met bid, en vertrou of God, dat dit weer beter met ons sal gaan?, of,  gaan sit ons op die ashoop en gee moed op.  Hoe reageer jy dan?  Dit voel partykeer dat dit net nie beter wil gaan nie en God voel dan baie ver weg van ons. Onthou, die Here bly altyd dieselfde en Hy heers oor ons, so glo vas dat God na ons smeekgebede luister, en moet nie moed verloor nie. God het jou lief en is digby jou. Deur sy Gees lei Hy jou.

Dis wanneer die toets van ons geloof navore kom. Geloof is 'n gawe van God en 'n geskenk uit die hemel!. Dis die tyd dat jou diepste geloofsverbondenheid tot God jou moet dra en die toets van die egtheid van jou geloof moet seëvier.

Byt vas, hou vas aan God se Woord. Jy is God se kind. Geen swaarkry is heeltemal onuithoudbaar as jy weet dat God by jou is nie.

God hou die leisels vas en is in beheer.

"Hemelse Vader, gee my U volle krag sodat ek die toets kan volstaan en dat my geloof in U altyd eg sal wees".

Amen!
 

Monday, 1 July 2013

Lewende Hoop wat net God alleen jou kan gee


    1 Petrus 1:3 - Die lewende hoop en die egte geloof

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk, deur die opstanding van Jesus Christus, uit die dood. Nou het ons 'n lewende Hoop.

Almal van ons het hoop nodig. Iets om vas aan te hou. Sonder hoop sterf die mens. Maar rig ons, ons hoop op God?. Baie keer sê ons net wanneer dinge nie goed gaan nie; - "Öns hoop maar vir die beste". hoop dat dinge beter sal gaan - dit is wanneer ons 'n ander soort hoop nodig het; 'n hoop wat net God alleen vir ons kan gee. Ons word nuut wanneer God aan ons die geloof gee saam met sy Heilige Gees. Hou vas daaraan. Wanneer jy hoop deur die Gees van God kry, verander jou natuur en jy lewe nuut.

Deur jou hoop op God te plaas, teen alle omstandighede, kan jy alleen nuut word as God jou 'n lewende hoop gegee het. Dit vervul jou met nuwe blydskap as jy jou probleme en hoop op God gerig het. Jou toekoms sal verander en jy sal vind dat alles weer die moeite werd is.

Moenie bang wees nie, gryp die geleentheid aan en gesels met jou Vader in die Hemel want Hy sal Hom oor jou ontferm en elke dag saam met jou stap.

"Hemelse Vader, dankie dat ek my Hoop net op U kan plaas en weet dat U die Lewende Hoop aan my sal gee deur U Gees en dat ek weer nuut gebore sal wees".