Showing posts with label herder. Show all posts
Showing posts with label herder. Show all posts

Thursday, 4 July 2013

Vertrou op die Here; Hy is jou Herder

Psalm 23 - Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.

Dit is een van die mooiste versies in die Bybel. Toe ek 'n kind was, was ek bang vir spoke en dan het ek by my ouers gaan inkruip. My pappie het altyd met my geraas daaroor en een-oggend met my gesels. Hy sê toe vir my "my kind as jy bang is,vertrou op die Here, want Hy is jou Herder". Ek het daardie woorde nooit vergeet nie, en tot vandag, as ek baie onseker en bang is oor iets, lees ek Psalm 23:1-6.

"Die Here is my Herder, niks sal my ontbeek nie. Hy laat my neerlê
in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in die dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my; U stok en U staf die vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly, in lengte van dae".
Ons almal ken voorspoed, ons ken teënspoed, maar God gee vir ons genade, liefde en veiligheid. Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind ons wonde. God gee ons nuwe krag. Daarom kan ons met sekekerheid sê, die Here is my Herder, ek kom niks kort nie. Hy is die Alfa en Omega, die Begin en die Einde, soos 'n sirkel waar daar geen gebreekte skakel is nie.

Die Here gee ons vrede want Hy laat ons rus in groen weivelde. Die Gees van die Here is op ons, want Hy verkwik ons siel. Hy is ons lig deur die donker dae.

Hou vas aan die Here en vertrou op Hom met jou hele hart, want Hy het 'n belofte gemaak dat Hy ons Herder is, en sal nooit Sy skape laat verlore gaan nie.

"Hemelse Vader, baie dankie dat U my Herder is, dat niks my sal kortkom nie. Dankie dat ek my vertroue op U kan plaas, want U verkwik my siel".
Amen.

Tuesday, 16 October 2012

Veilig in Sy Hande

Johannes 10:14-16 - Ek is die goeie Herder, Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken, en Ek le My lewe af vir die skape.  Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na My stem luister, en hulle sal een kudde wees met een Herder.
 


 Daar was 'n man wat teen 'n berg uitgeklim het na die monestrie wat hoog bo op die berg gesit het,  en die wind het geweldig gewaai, toe hy opkyk na die tou wat hom hou,  sien hy dat die tou uitgedroog is en het bang geword dat hy sal val. Toe hy bo kom vra hy vir die monnik,  hoeveel keer vervang jy die tou en die monnik antwoord,  "net elke keer as dit gereen" het.
 
Hang jou lewe ook aan 'n toutjie en jy is bang dat jy gaan val! onthou dat Jesus hou jou vas en niemand sal ons uit Sy hande ruk nie. Jy is veilig in die hande van die Heilige Gees en vir ewig sal Hy jou vas hou.



Psalm 46:2-4 - God is vir ons 'n toevlug en 'n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood. Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad, al skuif die berge tot in die dieptes van die see, al druis en skuim die waters van die see, al skud die berg deur sy onstuimigheid.

Hy sal jou vashou dit beteken nie dat jy 'n kommervry lewe, sonder probleme, finansiele bekommernis om kop bo water te hou nie, maar Hy gee jou 'n veilige tuiskoms. Wat 'n vertroosing en versekering is dit vir ons nie. Dit is die Here se Hande wat jou dra en nie jy wat aan Hom vas klou nie.
 

Jesus het ons lief en jy is veilig in die Hande van jou Herder.

Romeine 8: 38-39 - Hiervan is ek oortuig: geen dood, of lewe, of engele, of magte, of teenswoordige, of toekomstige dinge, of kragte, of hoogte, of diepte, of enigiets anders in die skepping kan ons van die lierde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.