Showing posts with label toekoms. Show all posts
Showing posts with label toekoms. Show all posts

Monday, 1 July 2013

Lewende Hoop wat net God alleen jou kan gee


    1 Petrus 1:3 - Die lewende hoop en die egte geloof

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk, deur die opstanding van Jesus Christus, uit die dood. Nou het ons 'n lewende Hoop.

Almal van ons het hoop nodig. Iets om vas aan te hou. Sonder hoop sterf die mens. Maar rig ons, ons hoop op God?. Baie keer sê ons net wanneer dinge nie goed gaan nie; - "Öns hoop maar vir die beste". hoop dat dinge beter sal gaan - dit is wanneer ons 'n ander soort hoop nodig het; 'n hoop wat net God alleen vir ons kan gee. Ons word nuut wanneer God aan ons die geloof gee saam met sy Heilige Gees. Hou vas daaraan. Wanneer jy hoop deur die Gees van God kry, verander jou natuur en jy lewe nuut.

Deur jou hoop op God te plaas, teen alle omstandighede, kan jy alleen nuut word as God jou 'n lewende hoop gegee het. Dit vervul jou met nuwe blydskap as jy jou probleme en hoop op God gerig het. Jou toekoms sal verander en jy sal vind dat alles weer die moeite werd is.

Moenie bang wees nie, gryp die geleentheid aan en gesels met jou Vader in die Hemel want Hy sal Hom oor jou ontferm en elke dag saam met jou stap.

"Hemelse Vader, dankie dat ek my Hoop net op U kan plaas en weet dat U die Lewende Hoop aan my sal gee deur U Gees en dat ek weer nuut gebore sal wees".


Friday, 28 December 2012

Geloof, Hoop en Liefde - drie kragtige woorde

Drie kragtige woorde - Geloof, Hoop en Liefde
 
1 Kor. 13:13 - En nou: geloof, hoop en liefde bly,  hierdie drie..En die grootste hiervan is die liefde!.
 Hierdie drie woorde is die spil waarom alles draai in God se plan met ons, maar onthou die belangrikste hiervan is Liefde. Liefde kan nie gemeet word nie.
  
Geloof is wanneer jy die sprong van jou lewe wil doen en hoop dat dat jy sagkins sal land, maar dit nie kan doen sonder die liefde van God se arms om jou nie. Wanneer jy blindens jou toekoms in die Vader se Hande plaas en weet dat jou geloof so sterk is dat geen haar van jou kop sal val nie, maar onthou dat Hy sal egter jou ook in konflik van die wereld  plaas, maar as jy getrou en gelowig bly, sal jy die oorwinning van Sy liefde ontvang en ervaar.
 
Moet nooit bang wees on 'n onbekende toekoms aan God toe vertrou nie.  Die pad kan wel eensaam en gevaarlik wees. Partykeer sal jy twyfel dat jy die regte besluit geneem het, maar by God is niks ontmoontlik nie en die belofte van Hom om jou te dra wanneer jy Hom nodig het, sal altyd op jou lewenspad wees. Om die regte geloofsverhouding met Christus te onderhou, is om jou hoop op Hom te plaas ter alle tye.
 
In jou oomblik van wanhoop draai na God toe en vertrou op die liefde van Hom, met die versekering dat Hy op jou roepstem sal antwoord. Laat die Heilige Gees toe om jou te lei en ervaar Sy onuitputlike krag en liefde en aanskou se reddingsdade met bewusvordering van sy krag. Dit is altyd 'n moeilike deel om alle beheer van ons lewens aan God oor te gee, want ons dink ons kan dit self regmaak, maar wanneer jy hierdie geloofstap neem en jou lewe aan Hom toevertrou, sal God die leiding neem en in alle omstandighede jou vertroos en versterk.
 
Wanneer jou geloof so sterk geanker is, waar jy ook al is, of wat ook met jou gebeur, wees verseker, God is met jou.
 Glo in God, Hy is jou Rots, jou redder al is Hy 'n onsigbare God.
 
Al die skatte in die wereld kan vergaan, maar Geloof, Hoop en Liefde sal altyd bly staan. Niks en niemand kan dit koop nie. 
 
God van liefde, help my om my geloof en hoop op U te rig en versterk my geloof van dag tot dag deur U werke. Amen.
 
 

Wednesday, 11 July 2012

Nuwe Wereld van Hoop en Geloof vir die toekoms

Maak vandag 'n verskil in die wereld en vergeet van wat verby is. Vestig jou geloof en hoop op vandag. Dit is nie altyd maklik om te vergeet van gister nie, maar berei jou voor vir die nuwe lewe, nuwe wereld.

Jes.65:17 - Ek gaan 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep; aan die wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie.
Ons almal koester op een of ander manier wense vir die toekoms alhoewel dit nie vir ons net goeie geluk bring nie, tog behoort jy nog positief te hoop dat God sy beloftes vir die toekoms gestand sal doen. Namate jy jou voorberei om die toekoms in te beweeg, wees aan God dankbaar vir dit wat agtergelaat word. Dit is nog goed om te droom en te hoop en ons self te beperk nie.
Daar is baie dinge wat ons vrees voor koester, dalk die huidige politieke situasie, ons kinders nie 'n toekoms het nie. Al hierdie dinge maak ons bang maar onthou God het belowe om met jou te wees, nou en tot die einde. O Gees van God, bewaar my daarvan dat ek aan die verlede sal vasklou, maar laat my vorentoe kyk met hoop en geloof op die nuwe wereld wat u gaan skep.

As hoop nie in ons oor gefluister het dat more beter sal wees nie, hoe sal enigeen die moed he om deur vandag te kom.
Hoop is die vertroue dat Jesus sal en Geloof is die oortuiging dat Hy kan.
Plaas jou hoop in die lewende God en glo dat Hy ook vir die toekoms sal voorsien.
Onthou die voetspore wat ons nalaat in die wereld maak 'n verskil in die toekoms en nuwe wereld.