Showing posts with label voetspore. Show all posts
Showing posts with label voetspore. Show all posts

Monday, 8 June 2015

Voetspore

Voetspore

 


Psalm 63:8 - "U is vir my 'n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels".

Here, ek is besig om 'n pad te loop nader aan U en weet dat U my dag na dag sal dra.

Soms oor lang dae en lang nagte wonder ek waarheen my lewe my sal lei, dae vol kommer, maar as ek aan U dink en oor U peins in die nag, dan weet ek U is vir my 'n hulpbron. 

U belofte dat U vir my die regte pad sal aanwys maak dit soveel makliker. By U vind ek beskerming en U dra my.

En die Here antwoord - "My liewe kind, ek het jou nooit verlaat nie! Die tye toe jy slegs een ry voetspore gesien het, was dit die tye toe ek jou gedra het".

Het jy al gewonder as jy op die strand loop en al die voetspore in die sand sien, wie se spore dit is ! - Was hulle alleen en diep in gedagte - eensaam, hartseer of was dit paartjies wat hand in hand geloop het,  baie verlief en gelukkig. Ons almal laat onvermydelik fisiese voetspore in die werêld om hooplik 'n verskil te maak.

So loop Jesus die pad vir ons ook vooruit. Hy dra ons in tye van nood. Hy hou ons voetspore dop en ontferming Hom oor ons. Ons moet Hom net volg. 

Petrus 1 - 2:21 staan geskryf;  "Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg".

My gebed: - "Hemelse Vader, dankie, dat U dit vir my moontlik maak om die voetspore van gister te kan vergeet en 'n nuwe pad vorêntoe met U aan my sy te loop.  Here, ek bid dat U weer vir my openbaar hoe belangrik U Woord in my lewe is."

Amen!

 

Wednesday, 11 July 2012

Nuwe Wereld van Hoop en Geloof vir die toekoms

Maak vandag 'n verskil in die wereld en vergeet van wat verby is. Vestig jou geloof en hoop op vandag. Dit is nie altyd maklik om te vergeet van gister nie, maar berei jou voor vir die nuwe lewe, nuwe wereld.

Jes.65:17 - Ek gaan 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep; aan die wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie.
Ons almal koester op een of ander manier wense vir die toekoms alhoewel dit nie vir ons net goeie geluk bring nie, tog behoort jy nog positief te hoop dat God sy beloftes vir die toekoms gestand sal doen. Namate jy jou voorberei om die toekoms in te beweeg, wees aan God dankbaar vir dit wat agtergelaat word. Dit is nog goed om te droom en te hoop en ons self te beperk nie.
Daar is baie dinge wat ons vrees voor koester, dalk die huidige politieke situasie, ons kinders nie 'n toekoms het nie. Al hierdie dinge maak ons bang maar onthou God het belowe om met jou te wees, nou en tot die einde. O Gees van God, bewaar my daarvan dat ek aan die verlede sal vasklou, maar laat my vorentoe kyk met hoop en geloof op die nuwe wereld wat u gaan skep.

As hoop nie in ons oor gefluister het dat more beter sal wees nie, hoe sal enigeen die moed he om deur vandag te kom.
Hoop is die vertroue dat Jesus sal en Geloof is die oortuiging dat Hy kan.
Plaas jou hoop in die lewende God en glo dat Hy ook vir die toekoms sal voorsien.
Onthou die voetspore wat ons nalaat in die wereld maak 'n verskil in die toekoms en nuwe wereld.