Showing posts with label gister. Show all posts
Showing posts with label gister. Show all posts

Monday, 20 July 2015

Nuwe begin - maak toe die boek van gister!

Nuwe Begin:

Dis tyd dat jy 'n nuwe begin maak en die verlede laat gaan!


Maak toe die boek van jou hartseer en  jou verlede - die mislukkings en pyn wat jy gehad het, ook in die tye van verwerping en verwyte.

God is besig on 'n Nuwe Boek vir jou te skryf - 'n Boek van 'n Nuwe Begin vol Beloftes en Hoop.

Hy gee jou al die vergifnis en genade wat jy verdien. Net Jesus kan jou weer heelmaak en jou genees van al jou smart, hartseer, pyn en verwyte, asook al die herinneringe en seer emosies.

Dis tyd dat ons sal sê:  ‘Here, ek loof en dank U dat ek in Christus altyd ‘n nuwe hoopvolle begin kan maak'.  Om dit te kan sê moet ons toelaat dat God ons sal help om van vorige pyn, haat en verwerping te vergeet.

Elke dag is dan 'n nuwe dag - Laat Jesus jou boek se blaai, omblaai en jy sal vind dat elke dag 'n skoon blad sal wees. Begin 'n nuwe more op jou skoon blad. Los al die Gisters wat verby is, verby. Moenie toelaat wat gister was, nog jou nuwe dag, beinvloed nie. 

'n Nuwe dag en tyd het aangebreek in jou lewe wat vol vertroue, genesing in liggaam, siel
en gees sal wees.

Al wat ons te doen staan dan is om net elke dag "Dankie" te sê vir al die genade wat ons ontvang van Christus.

My gebed 
 Amen !

Monday, 8 June 2015

Voetspore

Voetspore

 


Psalm 63:8 - "U is vir my 'n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels".

Here, ek is besig om 'n pad te loop nader aan U en weet dat U my dag na dag sal dra.

Soms oor lang dae en lang nagte wonder ek waarheen my lewe my sal lei, dae vol kommer, maar as ek aan U dink en oor U peins in die nag, dan weet ek U is vir my 'n hulpbron. 

U belofte dat U vir my die regte pad sal aanwys maak dit soveel makliker. By U vind ek beskerming en U dra my.

En die Here antwoord - "My liewe kind, ek het jou nooit verlaat nie! Die tye toe jy slegs een ry voetspore gesien het, was dit die tye toe ek jou gedra het".

Het jy al gewonder as jy op die strand loop en al die voetspore in die sand sien, wie se spore dit is ! - Was hulle alleen en diep in gedagte - eensaam, hartseer of was dit paartjies wat hand in hand geloop het,  baie verlief en gelukkig. Ons almal laat onvermydelik fisiese voetspore in die werêld om hooplik 'n verskil te maak.

So loop Jesus die pad vir ons ook vooruit. Hy dra ons in tye van nood. Hy hou ons voetspore dop en ontferming Hom oor ons. Ons moet Hom net volg. 

Petrus 1 - 2:21 staan geskryf;  "Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg".

My gebed: - "Hemelse Vader, dankie, dat U dit vir my moontlik maak om die voetspore van gister te kan vergeet en 'n nuwe pad vorêntoe met U aan my sy te loop.  Here, ek bid dat U weer vir my openbaar hoe belangrik U Woord in my lewe is."

Amen!