Showing posts with label emosies. Show all posts
Showing posts with label emosies. Show all posts

Monday, 20 July 2015

Nuwe begin - maak toe die boek van gister!

Nuwe Begin:

Dis tyd dat jy 'n nuwe begin maak en die verlede laat gaan!


Maak toe die boek van jou hartseer en  jou verlede - die mislukkings en pyn wat jy gehad het, ook in die tye van verwerping en verwyte.

God is besig on 'n Nuwe Boek vir jou te skryf - 'n Boek van 'n Nuwe Begin vol Beloftes en Hoop.

Hy gee jou al die vergifnis en genade wat jy verdien. Net Jesus kan jou weer heelmaak en jou genees van al jou smart, hartseer, pyn en verwyte, asook al die herinneringe en seer emosies.

Dis tyd dat ons sal sê:  ‘Here, ek loof en dank U dat ek in Christus altyd ‘n nuwe hoopvolle begin kan maak'.  Om dit te kan sê moet ons toelaat dat God ons sal help om van vorige pyn, haat en verwerping te vergeet.

Elke dag is dan 'n nuwe dag - Laat Jesus jou boek se blaai, omblaai en jy sal vind dat elke dag 'n skoon blad sal wees. Begin 'n nuwe more op jou skoon blad. Los al die Gisters wat verby is, verby. Moenie toelaat wat gister was, nog jou nuwe dag, beinvloed nie. 

'n Nuwe dag en tyd het aangebreek in jou lewe wat vol vertroue, genesing in liggaam, siel
en gees sal wees.

Al wat ons te doen staan dan is om net elke dag "Dankie" te sê vir al die genade wat ons ontvang van Christus.

My gebed 
 Amen !

Wednesday, 15 August 2012

My Dank Lied

'n Enkele gedagte van dankbaarheid wat opstyg na die Hemel, is 'n volmaakte gebed.

Here, ek sing 'n danklied tot U eer vir al die seeninge, genade en liefde wat u so getrou, my deur die lewe dra.

Ek word so baie oorval met emosies en gedagtes wat my moedeloos en ontevrede maak, maar dan gee U my, U beloftes, elke dag dat U my sal dra tot die einde. Ek is opreg dankbaar vir U seeninge en wonderlike liefde. Ek is dankbaar dat U my gedagtes ken nog voor ek dit tot werklikheid gebring het.
 U is 'n wonderlike Vader en wanneer ek stil word in U teenwoordigheid en na al die goeie dinge kyk wat U my voorsien het, voel ek klein en nederig.

Psalm 145
"Ek wil U lof verkondig, my God en Koning,
ek wil U Naam altyd loof, elke dag wil ek U loof,
ek wil U Naam altyd prys, die Here is groot,
alle lof kom Hom toe, Sy grootheid is ondeurgrondelik"

U is in volkome beheer van my lewe en daarom kan ek met volle vertroue in U leef. Prys die Here aan U kom al die eer toe.

Dankie dat U altyd oral om my is - Dankie vir genade - Dankie dat ek veilig by U kan skuil.
Dankie dat ek my hart tot U kan oopmaak,
Dankie dat U my liefhet, en leer my om lief te he soos U my liefhet.
Amen