Wednesday, 22 January 2014

Die Here is God en betroubaar

Johannes 3:5-6 -  Jesus het geantwoord : "Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees".

Drie eenheid : Die Vader, die Seun en die Heilige Gees.
 
As die Heilige Gees ons lewe vervul, verander ons en dan kom die eienskappe van Christus al duideliker in ons lewens na vore. Die Here sorg vir ons. Hy is almagtig. Ons sien dit in ons eie lewens en ook in ander. Niks is vir Hom onmoontlik nie.

 Deuteronomium 32:39 - "Ëk, Ek is die Here!. Naas My is daar geen ander God nie. Ek maak dood en Ek gee lewe. Ek maak siek en Ek maak gesond, uit My mag word niemand bevry nie".

Lees ook Johannes 5:6 - Ons moet ons nie laat mislei deur ander mense nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat ongehoorsaam is..

God is Heilig, Hy is vir ewig, alwetend en volmaak. Die Here is 'n regverdige God. Hy is Liefde en wie in die Liefde bly, bly in God.  Selfs wanneer dit sleg gaan met ons, is Hy naby. God openbaar Hom deur sy liefde vir jou. Moenie  toelaat dat materiële skatte op aarde jou van Hom af weg hou nie. Versamel jou skatte in die Hemel. Onthou waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

Die Here is betroubaar en jy kan op Hom vertrou. Dis Hy wat wonderwerke doen. Sy liefde oortref alles. God sorg vir ons almal. Nie een van ons is volmaak nie, maar God het ons 'n Wet gegee om daar volgends te leef en Hy is genadig.

"Here, God, U is Heilig. Dankie dat ek op U kan vertrou en die wete dat U vir my sal sorg".
Amen!


 

Friday, 10 January 2014

God is altyd in beheer

      
Sefanja 3:17 – Die Here jou God is by jou. Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou. Hy is stil tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.                       

God is jou anker en om Hom draai alles. God is vir jou en my baie lief. Onthou, wat ook al gebeur in jou eie lewe, Hy is altyd in beheer. Niks groot en niks kleins sal in hierdie skepping gebeur, sonder die wil van God, onse Vader nie. –

Ons lewenspad is alreeds vir ons uitgelê. 

Tog vra ons die vraag, Hoekom!, as iets verkeerd gaan in ons lewens. Hoekom, ek!  - dan wonder ons, waarom gebeur daar slegte dinge met God se kinders? – waarom sorg Hy dan nie, dat sy kinders, nooit hartseer en pyn beleef nie? -

God sê in Jeremia 29:11 - “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: - voorspoed, en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting” – God wil vir ons ‘n goeie lewe gee. Hy is in beheer van elke enkele ding wat orals in die werêld gebeur. God ken die nagevolge van die effek daarvan - Hy het al die wysheid en Hy weet waarom Hy dit doen en toelaat. God het alreeds alle moontlike nagevolge reeds bereken, en Hy het die beste een gekies. Sy plan is alreeds uitgewerk - Hy is almagtig en is in beheer van hierdie werêld. 
Dis Hy wat jou krag gee om elke dag se druk te hanteer en die moed gee om soggens op te staan en die dag aan te durf.

Die vraag is net;- is jy bereid om voor God te buig, en te aanvaar, wat Hy oor jou pad, vandag en more, laat kom!  - Onthou, al wat God van jou en my vra, is om in Hom te glo en vaste vertroue en geloof te handhaaf. Hou vas aan jou geloof, en wees verseker dat Hy altyd daar sal wees. 

Matteus 10: 29-31 – “Is twee mossies nie vir ‘n sent te koop nie? – en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. -  Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel – Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies”.

Sy beloftes hou stand, want Hy is in Beheer van jou, en ook die lewens van jou gesin! – God kom altyd sy beloftes na. 

“Here, ek vertrou jou met my hele hart, wat U ook al vir my beplan, is goed. Waar U my ook al heen lei, daar sal ek gaan”.

Amen!



 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Sunday, 29 December 2013

Hou vas aan jou Geloof in God vir Nuwe Jaar

Judas 24-25;  Lof aan God : Aan Hom wat magtig is om julle van struikeling te bewaar en julle onbevlek en met vreugde sy heerlikheid te laat aanskou, aan die enigste God, ons Verlosser deur Jesus Christus ons Here, aan Hom behoort die heerlikheid en die majesteit, die krag en die mag, van alle ewigheid af, ook nou en tot in alle ewigheid!
 
Met die jaar wat verby is, het ons almal trane van hartseertye, en trane van blydskap gehad, verlies van vriende en familie, maar wees verseker, God hou jou vas. Loof Hom dat Hy jou gedra het deur die jaar, en wees verseker dat Hy daar sal wees vir die nuwe jaar wat voorlê.
 
Al die struikelblokke, seerkry en uitdagings sal nog daar wees vorentoe - maar God verseker ons, dat Hy ons sal beskerm, ons sal dra dag na dag vir die jaar wat voorlê. Sy liefde ken geen perke nie.

Nie een van ons weet presies wat die nuwe jaar vir ons inhou nie, maar ons weet wel dat as ons aan ons geloof vashou, Hy die pad vorentoe, jou sal lei.
 
Ervaar 'n nuwe diepte in jou verhouding met God en beleef Sy onbeperkte goedheid.
God nooi elkeen van ons om gereed te maak vir dit wat Hy van plan is om in ons lewe te doen.

Praat gedurig met Hom, aanbid Hom en Loof Hom en dank Hom vir al die werke wat Hy vir jou doen.

   Psalm 63:8 - U is 'n hulp vir my, in die skadu van U vleuels sal ek jubel.

 My gebed: "Here, dankie dat U my Herder is. Ek loof U en dank U my gedra het deur swaarkrytye, en tye van blydskap, deur die jaar. Wees asseblief ook met my in die nuwe jaar wat voorlê. Help my om vas te hou aan my geloof in U"
Amen!
 

 


 

Tuesday, 17 December 2013

Die wonder van Jesus se geboorte !

 

Lukas 2:  Maria was 'n maagd en verloof aan Joseph -  Vers 28 - "Toe die engel by haar kom sê
hy; "ek groet jou, benagenadigde! Hie Here is by jou". - Vers 31-33 - "Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word.  Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader David gee, en Hy sal koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie". 

Elke persoon wat die wonderboodskap van Jesus se geboorte gehoor het, was verwonderd. 'n Maagd bring 'n kind in die lewe. Hoe sterk moet jou geloof wees om dit te verwerk!. - God het ons so lief gehad dat Hy 'n mensekind geword het om ons te verlos van ons sondes.
Ons almal se lewens was onherroeplik verander.
 
Die kersfeeswonder is nie 'n wonder wat ons vir ons self moet hou nie.
Hoe lank gelede het dit gebeur en tog elke Desember vier ons Sy geboorte of jy glo of nie. Alle eer kom God toe.
Gaan uit en kondig die boodsap  aan almal wat jy teekom!
Jesus is die seun van God. Die wonder van sy geboorte sal vir ewig leef.  Jesus se blye boodskap is steeds vir almal bedoel.
 
 "Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het".
 
As jy bereid is om te lewe tot sy eer, sal God vrede in jou hart en lewe gee.
 
Kersfees is die tyd dat jy en ek ons verhouding met God hernu, en saam met die Engele 'n loflied tot Sy eer sing.
Het jy al vrede gemaak met die mense om jou ? - God is vrede en liefde. 
Mag die vrede en vreugde van Kersfees deur die hele jaar elke dag by jou wees.
 
My gebed: "Hemelse Vader, dankie vir U liefde en dat U vrede op aarde bewerkstel. Help my om vrede in my lewe te handhaaf en ek wil U eer elke dag van my lewe. Dankie vir Jesus se geboorte sodat ek U kind kon word."
Amen!
 

Tuesday, 3 December 2013

Kersfees vreugde !



Lukas 2:10-11- Toe sê
die engel vir hulle: "Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van David, die Verlosser gebore. Christus, die Here!"


Dis die tyd van die jaar wat ons almal ons vrese eenkant sit en met vreugde uitsien na Kersdag. Wanneer ons gereed maak vir Advent, die geboorte van Jesus Christus. Dit is tyd vir stil word en saam met al die gelowiges ons te verwonder oor die liefde van Jesus Christus - wanneer ons gereedmaak vir Sy wederkoms.

Dis die tyd nou wat ons die gejaagheid opsy moet sit, rustig raak en ons harte voorberei vir die Kersfees tyd. Maak tyd vir gesindheid, familie en vriende en 'n nuwe fokus vir die nuwe jaar wat voorlê.  Gee vir die minderbevoorregtes en konsentreer om liefde in mekaar se lewens te vestig.
 
Vir baie van ons is dit

die hoogte punt van die jaar. Kinders is vol verwagtinge. geskenke, koekies, lag en liggies weerspiëel orals.
 
Laat hierdie Adventyd waarin ons ons bevind, ons ook herinner dat Christus vir ons in die Vaderhuis plek gereed gemaak het - wees voorbereid op Sy koms soos 'n bruid wat wag op haar bruidegom.
 
Met Kersfees kom God naby jou. Christus se geboorte beteken vir ons lig, vreugde, fees en egte blydskap. Ware blydskap kom van God af. Deel vanjaar die vreugdeboodskap met almal om jou.
 
My gebed - "Mag die Here hierdie fees - vreugde en blydskap aan al sy kinders skenk. Here, help ons om rustig te word en tyd met U te spandeer. Dankie vir die wete dat U weer sal kom. Dankie vir Kersfees vreugde en liefde. Help my ook dat ek mede-deelsaam sal wees met my medemens, en U liefde en genade aan hulle sal uitstort."
Amen !
 

Sunday, 1 December 2013

Die groot vreugde – (saamgestel deur Marita Op’t Hof)


 
Om in ‘n koor te kan sing is een van daardie dinge in die lewe wat oneindig vreugde verskaf. Daar is ‘n soort terapie daarin wat ‘n mens heelmaak – wat jou laat vergeet van jou sorge en wat jou na ‘n hoër vlak van bestaan neem. Wanneer die liedere wat jy sing dan ook geestelike liedere is – Psalms en Gesange, of liedere uit die ryke skat van die Christelike musiek, het koorsang ‘n dubbele doel. Nie net is dit terapeuties nie, maar bring dit jou baie nader aan jou Skepper. Jy sing van jou Skepper, jy sing vir jou Skepper, en jy kom nader aan jou Skepper.

Die afgelope tyd het daar ‘n paar films verskyn wat hierdie betowering van koorsang vir ons uitbeeld, soos “As it is in Heaven en A song for Marion”. Maar die persoon wat die wonder van koorsang die mooiste kon beskryf, is die Franse skryfster, Muriel Barbery, in die hoofstuk “A Choir is a beautiful thing” in haar boek – The Elegance of the Hedgehog (Gallic 2008 – p.180-181) "

Ek vertaal vrylik:-
In ons pragtige woonbuurt is daar ‘n skool, en die skool het ‘n koor. Gister-middag was dit die skoolkoor se uitvoering.

Niemand dink dat dit vreemd is om in hierdie koor te sing nie, intendeel, almal wil graag deelneem, maar Monsieur Trianon, die musiekonderwyser, kies sy koorlede met die hand. Monsieur Trianon is jonk en musikaal en hy laat die koor nie slegs die tradisionele liedere sing nie, maar ook diè van moderne komponiste. Verder word die koor begelei deur uiters stylvolle orkestrasie.  

Die middag van die die uitvoering is die skoolsaal stampvol en daar heers ‘n atmosfeer van gedempte opwinding.

Uiteindelik verskyn die koor geklee in rooi en wit, met strikdassies vir die seuns en lang rokke met skouerbandjies vir die meisies. Orrweldigende applous volg.

Monsieur Trianon maak sy verskyning, gaan sit op ‘n hoë stoeltjie, sy rug na die gehoor, in sy hand ‘n dirigentstokkie met ‘n flitsende rooi liggie aan die punt. Stilte daal op die gehoor neer en die uitvoering begin.

Elke keer is dit van vooraf ‘n wonderwerk. Hier is al die mense met hulle hartseer, drome, wense, hoop en verwagtinge. Die skooljaar is gevul met programme en aksies en onbenuttighede.. Hier is al die onderwysers en al die kinders – almal besig om deur die ‘ lewe’ te stoei’ – die lewe vol hoop en trane en lag en verlore drome en onvervulde wense… Al hierdie dinge verdwyn in ‘n oogwink wanneer die koor begin sing.

Die alledaagse lewe verdwyn en word opgeneem in die wonder van die musiek. ‘n Mens word oorweldig deur ‘n gees van broederskap, ‘n diepte eenheid. Dit verander die wreedheid van die alledaagse lewe in ‘n gees van perfekte harmonie. Selfs die koorlede se gesigte word getransformeer. Ek sien nie meer vir Achille Grand-Fernet of Deborah Lemeur of Segolene Rachet of Charles Saint-Sauveur nie. Hulle verander in mense wat oorgegee is aan musiek.

Dit is elke keer dieselfde ding: Die huil wel binne in my op. My keel trek toe en ek probeer my uiterste om myself te beheer. Partymaal kan ek amper nie. Ek wil uitbars in snikke. Dus, wanneer hulle die kanon sing, kyk ek af an die grond: Dit is net te veel emosie op een slag – dit is soveel skoonheid tegelyk op een keer. Dit is wonderskoon – hierdie samesang en die gedeelde moment.
Ek is nie meer ek nie. Ek word ‘n deeltjie van ‘n verhewe eenheid waarvan die ander ook deel is. En ek wonder altyd in hierdie oomblikke waarom dit nie die realiteit van die daaglikse lewe kan wees nie – waarom dit slegs ‘n uitsonderlike oomblik moet wees wanneer die koor sing.

Wanneer die koor ophou, breek daar ‘n oorverdowende applous uit. Almal se gesigte is opgelig, die koor stralend. Dit is so pragtig.

Aan die einde wonder ek of die ware wenteling van die aarde nie dalk net ‘n  mensestem, verhef, in sang is  nie…

"Dankie Marita – ek is ook meegevoer met die pragtige klanke van musiek"..
 
Dankie dat jy die artikel ons my deel . !

 

 

Tuesday, 19 November 2013

Geestelik & Liggaamlik moeg ?


                           Saggies en teer is die roepstem van Jesus - Hy roep vir my en vir jou - "Almal wat moeg is kom in My arms en rus".
 
Dis November maand, en ook die maand wat ons voel dat die jaar sy tol gevat het. Ons is moeg, emosioneel, geestelik en liggaamlik. Alles voel betekenisloos.

Jy staan met 'n swaar hart op in die oggend en dink aan al die take wat vir jou voorlê en wonder hoe jy deur die dag sal kom ! Partykeer raak jy beangs en paniekbevange.

In 2 Korintiers 12:9, lees ons : "My genade is vir jou genoeg, My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is".

Gee jouself oor aan die Here en bid vir Sy krag, want uit Sy krag sal ons kan lewe.
Net God alleen kan ons die krag en genade gee om elke dag, met vreugde aan te pak. 

Gebruik die  'áf-tyd' en laat die Heilige Gees vrylik in jou lewe werk. Hou jou program eenvoudig - Bid elke oomblik vir krag en glipweg vir 'n oomblik in jou besig dag en gesels met God. Jy sal vind dat jou gees verfris en vernuwe sal voel en jy weer jou dagtake makliker kan aanpak.

Psalm 6:3-4 - "Ontferm U oor my, Here, want ek kwyn weg, maak my gesond, Here, want my liggaam is uitgeteer. Ek is heeltemal gedaan. Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?" 

As jy op die oomblik self op moedverloor se vlakte sit, kan jy aan die God, "wat jou altyd help", vashou en op Hom bly hoop.
 
"Hemelse Vader, baie dankie vir die ontdekking van swaarkry omdat dit my leer om aan U vas te hou en nie nodig is om op myself te vertrou nie".
Amen!