Monday, 15 October 2012

Letter to God by / Brief aan God

Dear Heavenly Father,

Thank you for giving your Son to the world so that we can be free of Sin.

 
I am writing this letter to You with all my love, faith and hope.  I have walked a long and sometimes hard road over the years and have to admit that I were not always faithful to Your word, but for some reason you hold onto my hand and never let go.
 
I also know that the road won't be full of roses going forward, but I have the peace and assurance that You will hold onto my hand.

You have saved me from so many things. The time that I lost my job and with all the mergers with so many banks, You were trueful to Your word and have looked after me daily. Going through divorce, and I wanted to throw in the towel, You raised me up, hold me tight and show me the light. I don't know how I would have survived without You.

Thank you for your blessings that I received every minute. My life belongs to You and I love You very much.

Lord Jesus, I praise You for making it possible for me to be onbes mind wit other Christians, in spit of our difference, and that Your blood washed me clean of sin and makes me new. Amen


Tye wat ek alleen en eensaam was, het U die lig laat skyn oor bly en met U heilige stem in my hart hoop gegee vir die toekoms. Ek rig my oe op U elke dag en weet day my roepstem beantwoord sal word. Ek weet ek fraak baie ongeduldig as dinge nie gebeur wanneer ek dit wil he nie, maar op U tyd en wil.

Ek is U ewig dankbaar vir die krag wat ek van U ontvang het, sonder dit sou ek nie op my eie kon aangaan nie. Wat 'n wonderlike hemelse Vader is U.
 
Dankie vir 2 pragtige dogters en 2 kleindogters wat U aan my toe vertrou het. erk vra dat U hulle sal seen en elke dag saam met hulle sal wees.

Psalm 23 :4 - Al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is met my. In U hande is ek veilig.


Tot U Here, rig ek my, my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie vergeefs wees nie. Amen

Friday, 21 September 2012

My Love for you - What is Love ?

What is Love. !! ?  - GOD is LOVE. - He is the Beginning and the End.



God sacrificed His Son for our sins - That is Love. For God so loved the world.
 
God's love for his childern is one of the most powerful love that you can get and therefore, we must love each other than we love ourselves.
 
There is no greater love than to give your life for someone else. When you have to make a decision when someone dear to you dies and you have to donate their organs or if you donate your organ to someone else thats in need for llfe, when your life is gone,  that is love.
 
A mothers love for her child is undeniable.
 
Sometimes you fall in love with another human bean, but your love for this person is not answered back, you feel heartbroken,  but when you love someone very deeply and you just want this person to be happy, let him / her go,  free. That is Love.
 
I believe that to give to others without expecting something back,  is love.
 
Three things will last for ever, Faith, Hope and Love, but The greatest of these is LOVE - 1 Corinthians 13:13
 
Live Love.



For God so loved the world
 
 
 

Tuesday, 28 August 2012

Volhard in Hoop en God sal jou krag gee.

Here my God wanneer daar geen lig aan die einde van die tonnel is nie, help my om my hoop op U te plaas.

Wanneer ons erken dat in ons persoonlike lewe ons afhanklik is van onse Vader wat in die Hemel woon, die lewe in 'n omsien verander en God gee ons die Hoop en krag om voort te gaan.  Hoop is 'n passie wat moontlik is. Ons moet ons net daarop toe le.
Hoop is soos musiek klanke wat vreugde in jou lewe bring.
Laat die musiek note jou die leiding gee en sing to eer van Hom.

 Wanneer jy God aanbid en waarlik in Hom glo kan jy jubel van vreugde. Hy sal jou vashou en beskerm.  God gee jou die vertroosting en krag om nuwe hoop te he wanneer ons droewig is en probeer om 'n dapper front voor te hou.
Moenie in die skaduwees van die lewe, loop nie. Laat hoop in jou hart brand en glo dat alles reg sal kom. Onthou dat ons krag van Bo af kom. Gebruik jou krag om God te verheerlik en loof Sy naam en dan sal hoop in ons lewens nie verflou nie.

As 'n Christen het ons oneindig baie om ons oor te verheug. Gee jou lewe oor aan jou Verlosser en vrede sal met jou wees. Hierdie vreugde behoort aan jou omdat Christus jou baie lief het. Sy liefde sal jou jou angs verdryf en in elke situasie staande hou. Jy moet 'n intieme verhouding met God he.
Ware gebed sal jou al die antwoorde gee wat jy soek, as jy net geduldig op Hom sal wag totdat Hy op Sy tyd jou die regte antwoorde sal gee. Bou jou krag en hoop op God en luister na jou hart as die Heilige Gees met jou praat. Maak jou hart oop en ontvang Hom met liefde.
 
Jou liefde vir Christus sal in jou gesprekke gehoor word en in jou lewe sigbaar wees.
Hou aan om te hoop op God en vra vir sy krag om jou te dra.
 
Here Jesus help my om altyd my versier op U te rig sodat ek my krag en hoop van U sal ontvang.


Wednesday, 15 August 2012

My Dank Lied

'n Enkele gedagte van dankbaarheid wat opstyg na die Hemel, is 'n volmaakte gebed.

Here, ek sing 'n danklied tot U eer vir al die seeninge, genade en liefde wat u so getrou, my deur die lewe dra.

Ek word so baie oorval met emosies en gedagtes wat my moedeloos en ontevrede maak, maar dan gee U my, U beloftes, elke dag dat U my sal dra tot die einde. Ek is opreg dankbaar vir U seeninge en wonderlike liefde. Ek is dankbaar dat U my gedagtes ken nog voor ek dit tot werklikheid gebring het.
 U is 'n wonderlike Vader en wanneer ek stil word in U teenwoordigheid en na al die goeie dinge kyk wat U my voorsien het, voel ek klein en nederig.

Psalm 145
"Ek wil U lof verkondig, my God en Koning,
ek wil U Naam altyd loof, elke dag wil ek U loof,
ek wil U Naam altyd prys, die Here is groot,
alle lof kom Hom toe, Sy grootheid is ondeurgrondelik"

U is in volkome beheer van my lewe en daarom kan ek met volle vertroue in U leef. Prys die Here aan U kom al die eer toe.

Dankie dat U altyd oral om my is - Dankie vir genade - Dankie dat ek veilig by U kan skuil.
Dankie dat ek my hart tot U kan oopmaak,
Dankie dat U my liefhet, en leer my om lief te he soos U my liefhet.
Amen



Tuesday, 7 August 2012

Gee beheer oor aan Christus

Wanneer jy swak en kwesbaar is, voel ons baie keer eensaam en alleen. Daar is 'n brandende hopeloosheid wat oor jou hang. Moenie alleen voel nie, jy is nie die enigste een wat so voel nie.
Praat met God en vertel hom eerlik van jou gevoelens. Dit is van allergrootste belang dat jy sal onthou dat die Heilige Gees rondom jou is en God voorsien jou die krag om jou kop op te lig en voort te gaan. Ons moet net luister en sy stem sal jou dra op jou lewenspad.
Gee beheer oor aan Jesus Christus en Hy sal jou lei met selfvertroue om enige situasie en uitdaging onder te kry. Laat Jesus jou denke oorhees en plaas jou hoop op Christus en nie op jou eie vermoens nie.
 "Here vandag voel ek so kwesbaar, neem beheer oor my lewe sodat ek met vertroue in U kan leef. U almag is my waarborg dat my toekoms veilig by is en ek loof U daarvoor."

Is dit nie wonderlik om te weet dat God na jou sprekke met Hom luister en Sy teenwoordigheid bekend maak deur blywende hoop te verseker as ons net beheer aan Hom oorgee. Wanneer jou kragte begin ingee en jy dreig om tou op te gooi fokus net op Christus want sy liefde vir ons het ons vry gemaak.

Om te glo, hoop en lief te he vereis harde werk en ons kan dit alleenlike doen met die hulp van Bo. Laat die Here jou lewenspad vir jou loop en gee beheer oor aan Hom en die pad vorentoe sal so veel makliker wees. Ons is mensekinders en God weet dit, daar sal Hy jou nooit alleen laat nie. Volhard tot die einde en God gee jou die ewige lewe.

Hy is die Alfa en Omega, Begin en die Einde, Eerste en Laaste.
Amen

Wednesday, 25 July 2012

Gebarste Bakke

Dit is altyd 'n uitdaging om water op te gaar, al is dit in bakke of damme.
Bakke wat gebars is sal geen water inhou nie, so ook ons siel, as ons nie van die fontein met lewende water drink nie.

In Jeremia 2:13 staan geskryf; "My volk het twee sondes begaan: Hulle het My, die bron van lewende water, verlaat, en hulle het vir hulle waterbakke uit klip gekap wat gebars is en nie water hou nie."

Ons gebroke bakke wat ons gebruik is die plesier wat ons soek, tydverdrywe. Ons soek na dinge wat niks beteken nie, en kan nie meer onderskei tussen die goedheid en die slegheid nie, daarom sien ons nie die leegheid en doelloosheid van alles raak nie. Moenie jou skoene stukkend loop agter afgode nie, jou keel laat droog word van die dors nie.

Vader, daar is tye dat ek wankel in my geloof en dan soos 'n gebarste bak word. Help my die voorskrifte van U wet toe te pas sodat ek van die fontein van U water kan drink.

Here, help my om te onderskei tussen bakke wat gebars is en die fontein van die lewende water. Gee my geeslike verkwiking en help my op die pad van geregtigheid en vul my hart met hoop sodat ek nie dors word nie en U woord sal in neem.

Draai in jou angs na Christus toe. Hy is reeds by jou, Sy liefde en bystand bring altyd in elke situasie weer nuwe hoop. Ek weet nie wat more inhou nie, maar ek weet Wie more in sy hande hou.

God het 'n droom en 'n plan vir jou en my.
Amen

Wednesday, 11 July 2012

Nuwe Wereld van Hoop en Geloof vir die toekoms

Maak vandag 'n verskil in die wereld en vergeet van wat verby is. Vestig jou geloof en hoop op vandag. Dit is nie altyd maklik om te vergeet van gister nie, maar berei jou voor vir die nuwe lewe, nuwe wereld.

Jes.65:17 - Ek gaan 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde skep; aan die wat daar nou is, sal daar nie meer gedink word nie, hulle sal nie onthou word nie.
Ons almal koester op een of ander manier wense vir die toekoms alhoewel dit nie vir ons net goeie geluk bring nie, tog behoort jy nog positief te hoop dat God sy beloftes vir die toekoms gestand sal doen. Namate jy jou voorberei om die toekoms in te beweeg, wees aan God dankbaar vir dit wat agtergelaat word. Dit is nog goed om te droom en te hoop en ons self te beperk nie.
Daar is baie dinge wat ons vrees voor koester, dalk die huidige politieke situasie, ons kinders nie 'n toekoms het nie. Al hierdie dinge maak ons bang maar onthou God het belowe om met jou te wees, nou en tot die einde. O Gees van God, bewaar my daarvan dat ek aan die verlede sal vasklou, maar laat my vorentoe kyk met hoop en geloof op die nuwe wereld wat u gaan skep.

As hoop nie in ons oor gefluister het dat more beter sal wees nie, hoe sal enigeen die moed he om deur vandag te kom.
Hoop is die vertroue dat Jesus sal en Geloof is die oortuiging dat Hy kan.
Plaas jou hoop in die lewende God en glo dat Hy ook vir die toekoms sal voorsien.
Onthou die voetspore wat ons nalaat in die wereld maak 'n verskil in die toekoms en nuwe wereld.