Monday, 1 April 2013

Ask and you shall receive.

In Philippians 4:6 the scripture say; - "Don't worry about anything, instead pray about everything. Tell God what you need, and thank Him for all He has done for you".

 
Don't be shy to ask God for things you need. Share your personal temptations with Him. By drawing close to God you can resist the devil. Be sincere and humble - "God opposes the proud but favors the humble". - James 4:6
 
God provides and will always look after His children.
 
Lord, I praise You for everything that you give me. Thank you, that I can ask and know that You are listerning to my request. You know what I need, even before I ask and if it's Your will, You will provide.
 
If you are still unsure, ask God to make His Will clear to you. He is always with you. Give Him the glory due to Him for everything you receive. God is almighty and He will make sure that all your needs and prayers will come true, only if you let Him.
 
Sometimes, we ask but don't receive because what we ask is not His will. He knows exactly what you need. Put your hope in God by daily prayers and wait on His guidenance. He will provide on His time and His will.
 
 
 
Heavenly Father, thank You, that I can have the courage to ask You all the things I want and need. I put my hope in You each day and know that You will provide, in Jesus name.
Amen.
 

Sunday, 24 March 2013

Woord van God - Gees Vervulde Lewe

Romeine 8:14 - Almal wat wat hulle deur die Gees van God laat lei, is Kinders van God.
 
 
Om met God in 'n verhouding te tree kan in 'n verheerlike innige gevoel onwikkel. Die Gees van God lei ons op 'n daaglikse wese en veryk ons liggaam, siel en verstand. Vertrou op God seWoord en laat Hom toe om jou te lei in jou wereldse stryd. Met die Here se Woord sal Sy lig jou lei en self die donker tye in jou lewe verlig.

Johannes 12:26 - Äs iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer".

Die Woord van God is ook die Wet van God. God het ons die tien gebooie gegee om te gehoorsaam. Romeine 13:8-10

Ons ervaar God se teenwoordigheid egter nie net wanneer ons met Sy Woord besig is nie, maar as jy om jou kyk en God se wonderlike werke raaksien, die voel's gesange in die oggend, die son se warm strale, die silver maanlig in die aand en blinkende sterre in die hemel wat vir jou knpoog, die wonder   van 'n baba se geboorte, die soet geur van die vroer reen op die gras, die kleurryke blommeprag, die salige silte net voor 'n storm losbars, dan weet jy dat net God se Hande dit kan verrig.

 Psalm 33:9 - Deur die woord van die Here is die hemele gemaak deur sy bevel al die hemelliggame.

Hemelse Vader dankie dat ek my tot U kan rig en dat U my met U wonderlike Gees vervul. Laat U seen en lig oor my skyn en dat ek aan U Woord vas sal hou en getrou kan wees.
In Jesus Naam alleen.
Amen!





 

Tuesday, 26 February 2013

Lewenspad - nie sonder probleme

                                                         

 Rig jou oe op  na God! - Hy is jou verlosser
Wanneer dit voel of jou lewenspad net nie wil vlam vat nie, moenie tou opgooi nie. - Ons is geroep deur God wat altyd daar is vir ons. Ons lewenspad is alreeds vir ons uitgele, al is daar dae dat jy bedroef word en voel dat daar geen lig aan die einde is nie.


Here, my God, op U vertrou ek met my hele hart. Ek weet dat dit partykeer voel of my lewenspad hier op aarde net vol probleme is en ek wil handdoek ingooi. Net U teenwoordigheid maak dit moontlik om helder te dink".

Waar jy nie meer kan loop nie, daar sal Hy jou dra.
Hebreers 12:11-13 - Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir die wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede sodat julle gehoorsaam is aan die wil van God. Versterk daarom die slap hande en die lam kniee, en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word".
Ons moet leef vir die dag. Wat verby is kan jy niks aan doen nie, wat voorle weet ons nie, maar elke dag wat aan jou geskenk word, leef dit volgens die wil van die Here. Die Here ontferm Hom oor sy kinders wat Hom dien.

Here, vir die reis wat voorle, laat U genade en liefde soos 'n ligte bries oor my waai sodat ek U innerlike krag en vrede kan vind. My lewenspad is vir my uitgele, op U vertrou ek,  al vind ek daaglikse probleme op my pad, my kruis sal ek dra met vreugde, want U is met my al die dae van my lewe tot die einde van die wereld.
Amen!

Saturday, 16 February 2013

Nuwe Lewe (Oorwinning)

 
 
 
Ons het saam met Christus gesterwe.
 
 
Kolossense 2:20 "Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reels van hierdie wereld". Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wereld behoort?"
 

 
God vra dat ons die ou sondige gewoontes verbreek en moet leef die lewe van 'n nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van ons Skepper en wat ons doen of se, doen of se dit in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
 
"Laat ons koers hou op die pad waarmee ons tot hiertoe gekom het" - Filippense 3:16
 
Wanneer ons na Jesus kyk en besef wat Hy alles vir ons prysgegee het, is dit maklik om aan te hou hardloop. Dis 'n geloofswedloop waarop jy jou oe moet vestig op Jesus, en doen dit met volharding, want wie tot die einde toe volhard, sal gered word.
 
2 Korintiers 6:17 - "Iemand  wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby - die nuwe het gekom".


 
Here, help my om nie om te kyk nie, maar vorentoe te kyk en die Oorwinnings lied saam met U te kan sing, wanneer die dag aanbreek, wanneer U ons kom haal.


In Johannes 3:3 se Jesus "Dit verseker Ek jou: As iemand nie opnuut gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie".
 
Hemelse Vader,  help my om my lewe te verander sodat ek 'n nuwe lewe saam met U kan loop en kan volhard deur geloof tot die einde. Dankie vir die versekering dat ons 'n oorwinnings lied sal sing en die Heerlikheid wat ewig sal bly, te kan ontvang.
Amen!

Saturday, 9 February 2013

U vee my trane af.

Daar is donker tye in my lewe en U vee my trane af.. Hoe dankbaar is ek vir U bestaan. Alleen kan ek dit nie doen nie. O Here, wees my genadig. U alleen kan die seer in my hart regmaak.


Dit is goed dat ek swaarkry, want daardeur het ek U voorskrifte geleer. Dat U my laat swaarkry, is 'n teken van U trou.. - Ps.119:71.
 
Ontferm u oor my, dat ek kan lewe volgens U voorskrifte. Ek smag na U redding en ek vertrou op U woord.
 
Nie een van ons kan swaarkry vryspring nie. As jy onderneem om God se wet na te kom, sal Hy jou beskerm in alle gevaarsituasie en ook jou seer uit jou lewe neem. In Psalm 42,  is daar 'n versugting na God. "Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God".
 
 
Siekte en hartseer kan verreiklike gevolge he, en jou selfs aan God se liefde laat twyfel. Plaas jou lewe in God se hande en jou gebede sal verhoor word. Ek het ondervind dat God altyd aan Sy woord getrou is.
Dankie Here, dat my hoop nog op U is en dankie dat ek na U toe kan kom, en soos U belofte, vee U my trane af en omsirkel U my met U liefde en beskerming.
 
'Here vandag bid ek vir U beskerming oor almal wat hierdie woord lees en hartseer en trane het wat afgevee moet word. Seen elkeen van ons en laat U lig oor ons straal sodat ons ons hoop op U sal plaas".
 
Amen!
 

Wednesday, 6 February 2013

Wees stil voor God !

Wees stil voor sy Heilige aangesig en ervaar al Sy groot Wonderwerke.
 
Stille tyd is een van die mees rustigste ervarings. Ons mediteer vir baie dinge, hoekom plaas ons nie ons fokus op onse Vader wat in die Hemel is nie. Maak jou gedagtes skoon van die wereldse dinge en luister na God se roepstem.
 
Raak stil en voel Sy goddelike liefde en warmte om jou. Ons is almal so besig met ons wereldse programme dat ons nie tyd maak vir God nie. Daar is te veel dinge om te doen en te beleef.

 
Here, ek sukkel om partykeer stil te word voor U, met my besige lewe, help my om so stil te word dat ek net U stem kan hoor".
 
Raak stil en maak gebruik om Hom te aanbid. God sal jou alles gee wat jy voor vra as dit Sy wil is.
 
Daar is tye dat ek op my kniee gaan maar woorde ontneem my. Here, help my om my gedagtes net op U te rig en te vergeet van al my probleme en behoeftes. Ek wil U loof.

Bid gerus elke oggend en aand - Wees stil voor jou Verlosser - As jy dit doen en jou gebede tot God rig en dit opreg bedoel, sal jy ook mense rondom jou met meer genade behandel, en hulle sal dit agterkom.

Hoop is die onwankelbare sekerheid dat God se beloftes sal realiseer - gegrond nie op 'n ydele wens nie, maar op die werklikheid van die lewe, sterwe en opstanding van Jesus Christus. Wanneer jy stil voor jou Vader word, kan jy sonder enige skroom weet dat God luister en dat jou gebede bewaarheid sal word.

Maak die kamer se deur toe,  of enige plek waar jy alleen met God kan wees. Raak stil en nederig en luister na God se antwoord, om alleen saam met Hom te kan wees, sal jou al die vrede en rustigheid gee wat jou hart nodig het. Wanneer jy jou stilletyd net tot God rig kan jy dadelik die verskil voel wanneer jy opstaan en uitstap. Vol vrede en geluk.

"Vader, vandag raak ek stil voor U, help my om te fokus en net U in my gedagtes kan he en al die ander probleme en bekommernisse wat opdui, soos die wind sal verdwyn. Ek is Lief vir U".
Amen!.

Friday, 28 December 2012

Geloof, Hoop en Liefde - drie kragtige woorde

Drie kragtige woorde - Geloof, Hoop en Liefde
 
1 Kor. 13:13 - En nou: geloof, hoop en liefde bly,  hierdie drie..En die grootste hiervan is die liefde!.
 Hierdie drie woorde is die spil waarom alles draai in God se plan met ons, maar onthou die belangrikste hiervan is Liefde. Liefde kan nie gemeet word nie.
  
Geloof is wanneer jy die sprong van jou lewe wil doen en hoop dat dat jy sagkins sal land, maar dit nie kan doen sonder die liefde van God se arms om jou nie. Wanneer jy blindens jou toekoms in die Vader se Hande plaas en weet dat jou geloof so sterk is dat geen haar van jou kop sal val nie, maar onthou dat Hy sal egter jou ook in konflik van die wereld  plaas, maar as jy getrou en gelowig bly, sal jy die oorwinning van Sy liefde ontvang en ervaar.
 
Moet nooit bang wees on 'n onbekende toekoms aan God toe vertrou nie.  Die pad kan wel eensaam en gevaarlik wees. Partykeer sal jy twyfel dat jy die regte besluit geneem het, maar by God is niks ontmoontlik nie en die belofte van Hom om jou te dra wanneer jy Hom nodig het, sal altyd op jou lewenspad wees. Om die regte geloofsverhouding met Christus te onderhou, is om jou hoop op Hom te plaas ter alle tye.
 
In jou oomblik van wanhoop draai na God toe en vertrou op die liefde van Hom, met die versekering dat Hy op jou roepstem sal antwoord. Laat die Heilige Gees toe om jou te lei en ervaar Sy onuitputlike krag en liefde en aanskou se reddingsdade met bewusvordering van sy krag. Dit is altyd 'n moeilike deel om alle beheer van ons lewens aan God oor te gee, want ons dink ons kan dit self regmaak, maar wanneer jy hierdie geloofstap neem en jou lewe aan Hom toevertrou, sal God die leiding neem en in alle omstandighede jou vertroos en versterk.
 
Wanneer jou geloof so sterk geanker is, waar jy ook al is, of wat ook met jou gebeur, wees verseker, God is met jou.
 Glo in God, Hy is jou Rots, jou redder al is Hy 'n onsigbare God.
 
Al die skatte in die wereld kan vergaan, maar Geloof, Hoop en Liefde sal altyd bly staan. Niks en niemand kan dit koop nie. 
 
God van liefde, help my om my geloof en hoop op U te rig en versterk my geloof van dag tot dag deur U werke. Amen.