Saturday, 31 August 2013

Jy is vrygestel deur Jesus Christus.

Christus Jesus het ons sondes oorwin en ons vrygestel deur sy bloed.
 
Romeine 6:22-23; Maar nou - julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe. Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee is die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here.
 
Ons behoort nou aan niemand anders wat beheer het oor ons lewens. Christus is ons verlosser en ons behoort nou aan die drie enige, God; "Vader, Seun en Heilige Gees".

Ons weet dat Christus wat deur die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie, want die dood het geen mag oor hom  nie.

Ons is vrygespreek van ons sondes, daarom moet ons nou vir Christus lewe en in sy diens wees.
 Jesus gee vir ons genade, daarom moet nie meer sondes doen nie.

God het sy liefde vir jou en my in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. God bewys sy liefde vir ons juis hierin deurdat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Ons het ook ons versoening deur ons Here, Jesus Christus ontvang.
 
Ons moet sorg dat alles wat jy het, aan God beskikbaar te stel. Dan sal Hy jou ryklik in al jou behoeftes voorsien en jou seën in alles wat jy aanpak. Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
 
Romeine 6: 5-6; Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.
 
Ons is dood vir die sonde, maar lewend vir God.
 
 "Here Jesus, ek wil graag meer toegewyd wees in U. Help my asseblief om nie meer sondes te pleeg nie, sodat my lewe van nou af net in U Naam toegewyd kan word. Baie dankie dat U my vrygestel het van my sondes".
Amen!
 
 
 

Saturday, 17 August 2013

Hoe eg is jou geloof in God.

                    1 Petrus 6-7 - Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings; sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word.
 
          God belowe om altyd vir ons lig te maak in donker tye.

In Jesaja 42:16 se God "Ek laat die blindes loop op 'n pad wat hulle nie ken nie. Ek laat hulle op paaie gaan wat vir hulle onbekend is. Ek verander die donker voor hulle in lig en Ek maak die ongelyk plekke gelyk."

Partykeer gaan dit baie sleg met ons, maar wat ons dan staande hou is die egtheid van ons geloof. Hou ons aan met bid, en vertrou of God, dat dit weer beter met ons sal gaan?, of,  gaan sit ons op die ashoop en gee moed op.  Hoe reageer jy dan?  Dit voel partykeer dat dit net nie beter wil gaan nie en God voel dan baie ver weg van ons. Onthou, die Here bly altyd dieselfde en Hy heers oor ons, so glo vas dat God na ons smeekgebede luister, en moet nie moed verloor nie. God het jou lief en is digby jou. Deur sy Gees lei Hy jou.

Dis wanneer die toets van ons geloof navore kom. Geloof is 'n gawe van God en 'n geskenk uit die hemel!. Dis die tyd dat jou diepste geloofsverbondenheid tot God jou moet dra en die toets van die egtheid van jou geloof moet seëvier.

Byt vas, hou vas aan God se Woord. Jy is God se kind. Geen swaarkry is heeltemal onuithoudbaar as jy weet dat God by jou is nie.

God hou die leisels vas en is in beheer.

"Hemelse Vader, gee my U volle krag sodat ek die toets kan volstaan en dat my geloof in U altyd eg sal wees".

Amen!
 

Monday, 29 July 2013

Beleef jy dalk 'n geeslike seisoen in jou lewe !

       Seisoene wat kruis in ons eie lewens     


Ons lewens is partykeer soos die seisoene van die natuur - naamlik; Winter (depressie); - Herfs (hartseer/moegheid); Lente (opgewondenheid); en dan Somer (vreugde /liefde).

                 Winter: -   Is die tyd wanneer ons voel dat niks meer sin maak nie. Wanneer ons in 'n diep depressie gaan,  en ons onttrek onsself van alles en almal, hoop dat ons probleme sal verdwyn. Jy voel kaal gestroop soos die bome in die winter. - Soms wonder jy of God nog daar is en vra dikwels die vraag, hoekom / waarom?

 Psalm 10:1 Waarom staan U so ver weg, Here? Waarom trek U, U terug in tye van nood? Dis wanneer ons moet uitreik na God - Sy hand neem.-  in Matthews 27:46 het Jesus ook uitgeroep "My God, My God, waarom het U my verlaat?" toe Hy aan die kruis gesterf het.
Bly op die Here vertrou en bid gedurig. Dis nie maklik nie, maar kry 'n vriend/in om vir jou te bid as jy dit nie self meer kan doen nie. God is altyd met jou.


                  Herfs: - Jy het 'n geliefde verloor, voel harseer en partykeer voel jy so moeg van al die stampe en stote wat jou lewenspad kruis. Kyk dan na die pragtige kleure van die blare aan die bome en plante en weet dat God Sy hand oor jou gesit het. Dis soos 'n kaleidoskoop met al the wonderlike kleure. Ons moet deur die herfs in ons lewens gaan en beproewings sal aan ons gegee word, want dit beteken dat ons geeslik groei en jy kan al die probleme wat oor jou kom, afgegooi, en vorentoe beweeg. Dis so maklik om in versoekings te kom dat.

Lukas 24:38 - "Waarom is julle so verskrik en waarom kom daar twyfel in jul harte"
 Wees standvastig en pas stiltetyd toe saam met God en bid dat Hy Sy Heilige Gees oor jou sal neerdaal. 
             Lente: - Sodra die eerste bloeisels aan die bome verskyn en jy sien skoenlappers vlieg, kom daar 'n diepe opgewondenheid van binne-af oor jou. Dit borrel van opgewondenheid vir geen rede nie. Jy weet die tyd het aangebreek vir skoonmaak. Dis die tyd dat jy ook al die spinnerakke wat nog in jou lewe is, moet afstof, asook ons verhoudings met die Here regstel. Vergifnis gee aan diegene wat onreg teen jou gepleeg het. Dit is 'n seisoen wat jy jou gebedslewe weer moet opkikker en daagliks tyd wegsit saam met God. Sing 'n loflied tot Sy eer. Dit voel of dit nie so moelik is om versoekings te weerstaan nie.

Psalm 36:10 -  U is die bron van die lewe, deur U lig lewe ons. 
Dank die Here dat Hy hierdie wonderlike seisoen in jou lewe gebring het.



                Somer: - Jy voel die wonderlike son se strale sag op jou gesig skyn. Hemels!. Daar is 'n stappie in jou stap. Dis ook wanneer ons geeslike lewe vol sonskyn is. Ons voel gesond en daar is 'n lied in ons hart. Nou is die tyd dat ons voluit lewe en doen wat die Here ons vra om te doen. Nou sing ons soos voёltjies en ons hart is vol liefde vir mekaar. Daar is ook versoekings, maar dit is makliker om te weerstaan, want jy vertrou nou weer volkome op God. Ons sien dinge raak wat ons andersins nie wou, of kon raaksien nie, en daar is meer standvastigheid in ons verhoudings.

Psalm 18:33 - God omgord my met krag; Hy maak my pad voorspoedig.
Kom ons sing 'n lied tot God oor die somer in ons lewens.

Wat ook al die seisoen is waarin jy jou bevind op die oomblik, wees dankbaar, want elke seisoen moet kom en gaan, want dis hoe ons, ons self voorbery tot God se liefde en genade, en ons ons volkome vertroue op Hom plaas.

"Here, my God, - ons is nie altyd in die somer seisoen van ons lewens nie, maar ons weet dat U ons beskerm teen die aanslae van die wêreld. Dankie dat U soveel omgee vir ons en ons help deur elke seisoen van ons lewens. Ons dank U."
Amen!

Thursday, 4 July 2013

Vertrou op die Here; Hy is jou Herder

Psalm 23 - Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.

Dit is een van die mooiste versies in die Bybel. Toe ek 'n kind was, was ek bang vir spoke en dan het ek by my ouers gaan inkruip. My pappie het altyd met my geraas daaroor en een-oggend met my gesels. Hy sê toe vir my "my kind as jy bang is,vertrou op die Here, want Hy is jou Herder". Ek het daardie woorde nooit vergeet nie, en tot vandag, as ek baie onseker en bang is oor iets, lees ek Psalm 23:1-6.

"Die Here is my Herder, niks sal my ontbeek nie. Hy laat my neerlê
in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil. Al gaan ek ook in die dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my; U stok en U staf die vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly, in lengte van dae".
Ons almal ken voorspoed, ons ken teënspoed, maar God gee vir ons genade, liefde en veiligheid. Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind ons wonde. God gee ons nuwe krag. Daarom kan ons met sekekerheid sê, die Here is my Herder, ek kom niks kort nie. Hy is die Alfa en Omega, die Begin en die Einde, soos 'n sirkel waar daar geen gebreekte skakel is nie.

Die Here gee ons vrede want Hy laat ons rus in groen weivelde. Die Gees van die Here is op ons, want Hy verkwik ons siel. Hy is ons lig deur die donker dae.

Hou vas aan die Here en vertrou op Hom met jou hele hart, want Hy het 'n belofte gemaak dat Hy ons Herder is, en sal nooit Sy skape laat verlore gaan nie.

"Hemelse Vader, baie dankie dat U my Herder is, dat niks my sal kortkom nie. Dankie dat ek my vertroue op U kan plaas, want U verkwik my siel".
Amen.

Monday, 1 July 2013

Lewende Hoop wat net God alleen jou kan gee


    1 Petrus 1:3 - Die lewende hoop en die egte geloof

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk, deur die opstanding van Jesus Christus, uit die dood. Nou het ons 'n lewende Hoop.

Almal van ons het hoop nodig. Iets om vas aan te hou. Sonder hoop sterf die mens. Maar rig ons, ons hoop op God?. Baie keer sê ons net wanneer dinge nie goed gaan nie; - "Öns hoop maar vir die beste". hoop dat dinge beter sal gaan - dit is wanneer ons 'n ander soort hoop nodig het; 'n hoop wat net God alleen vir ons kan gee. Ons word nuut wanneer God aan ons die geloof gee saam met sy Heilige Gees. Hou vas daaraan. Wanneer jy hoop deur die Gees van God kry, verander jou natuur en jy lewe nuut.

Deur jou hoop op God te plaas, teen alle omstandighede, kan jy alleen nuut word as God jou 'n lewende hoop gegee het. Dit vervul jou met nuwe blydskap as jy jou probleme en hoop op God gerig het. Jou toekoms sal verander en jy sal vind dat alles weer die moeite werd is.

Moenie bang wees nie, gryp die geleentheid aan en gesels met jou Vader in die Hemel want Hy sal Hom oor jou ontferm en elke dag saam met jou stap.

"Hemelse Vader, dankie dat ek my Hoop net op U kan plaas en weet dat U die Lewende Hoop aan my sal gee deur U Gees en dat ek weer nuut gebore sal wees".


Friday, 14 June 2013

Is jy reg vir jou afspraak met God. ?

                    Afspraak met God:-
                          
 
 
   Maak ons tyd om ons lewens in order te kry vir die dag dat ons, ons Kreator gaan ontmoet?  Daar is sewe dae in 'n week en ons maak afsprake vir ons besige skedules; -  sit ons een dag, of tyd ,eenkant op ons kalender, om 'n meningvolle afspraak met God te maak!.

Levitikus 23: Ses dae moet julle werk, maar die sewende dag is 'n rusdag, 'n sabbat waarop julle 'n gewyde byeenkoms, moet hou. Julle moet die sabbat aan die Here wy, waar julle ook al woon.
 
Ons tyd is so gejaag dat 'n week nie meer genoeg is om ons werk klaar te maak nie. Ek het gevind dat hoe meer tyd ek aan God gee, hoe meer tyd het ek. Gesels met jou Vader deur die dag, Hy sal sorg dat jy wel tyd gegun word om jou take wat aan jou opgedra is, klaar maak.
Ons moet ons hart regmaak, mense in die oe kyk, al verskil hulle van jou. Die Here verwag van ons om al die tyd wat Hy ons gun, op die regte manier gebruik sal maak.
 
As jy om jou kyk kan jy al die tekens alreeds sien dat ons in die eindtyd leef, maar ons hou ons blind daarvoor. Moet nie met toe oë
  rondloop nie. Praat met God, jou almagtige Vader.
 
Efesiers 5:16 - Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd,
 
Vandat ons in hierdie werêld inkom, het God alreeds ons dag bepaal vir die ontmoeting met Hom. Daarom is dit so baie belangrik dat ons ons lewe moet inrig volgens God se woord.

Ons gaan ook nie vir altyd in vlees bly lewe nie, daarom moet ons die tyd wat vir ons gegun word reg gebruik.

Ons lewe so dat ons die tyd wat ons het, 'n vyand maak, in plaas van van 'n vriend.

In Kolosese 4 vers 5 lees ons "Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste van elke geleentheid".

God het 'n baie spesiale dag weg gesit vir ons, -  daarom het hy die sewende dag van rus vir ons gegee om kontak met Hom te bou.

My gebed: Onse Vader in die Hemel, help my om so te leef dat ek altyd tyd vir U kan weg sit en nooit sal ophou om gereeld kontak met U te hou nie, sodat ek die lewe lei wat U van my verwag en dat ek reg sal wees met my ontmoeting met U.
Amen!


 

Friday, 17 May 2013

Moenie bang wees nie, Luister as God fluister.



Josua 1:9 - "Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is oral waar jy gaan."


Hoe anders kan ons nie wil bang wees in die samelewing wat ons in lewe nie. Met al die koerant berigtes en nuus oor verkragting, kaping, pyn, molestering en oproer in die wêreld, maak dit baie moeilik om nie te vrees nie. Miskien is dit nie hoe menslik dit is om bang te wees nie, maar oor die hantering daarvan.

Pyn en trauma kan nie altyd vermy word nie, dit kom oor ons pad, een of ander tyd, maar as jy vasklou aan Jesus se hand, sal Hy jou vertroos in tye van pyn en nood. Vra vir die Here vir krag wanneer jy voel dat al jou kragte ingee en al bewe jy van vrees, want met Sy hulp kan jy met vasberandenheid glo dat ons lewens nie met vrees oorheers word nie, maar deur die Woord van God!

In Psalm 118:  lees ons "Die Here is by my, ek ken geen vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?"

Wanneer jy bang is, luister as God vir jou fluister en sê; "my kind, vertrou volkome op My en moenie bang wees nie,  Ek is die Here jou God, wat jou uit Egipte gelei het".

Onthou God fluister gereeld vir ons, as ons net wil luister, deur 'n sagte aanraking van die wind, 'n warmte op jou gesig van 'n son se straal, 'n bloeisel wat oopgaan, 'n stem in ons hart  en eweskielik 'n fladering binne ons, dis alles tekens dat God met ons is.  Kyk om jou en sien die tekens van God raak.

God gebruik soms dramatiese gebeurtenisse om ons te kry om ons ore oop te maak en na Hom te luister.

Moenie bang wees nie!

"Dankie Hemelse Vader, dat ek volkome weet dat dit nie nodig is om bang te wees nie, want U is daar om my te beskerm teen enige onheil". Help my om te luister, as U, fluister".
Amen.